Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Register oor lede van mediese fondse uitgebrei

Die eerste toetslopie om ’n register van mediesefondslede te skep, is suksesvol afgehandel. Nou word dit uitgebrei na méér mediese fondse, sê die registrateur van mediese fondse, dr. Sipho Kabane.

Die nuwe register sal verseker dat lede van mediese fondse nie die openbare gesondheidstelsel misbruik nie. Foto: Pixabay

Hy het in ’n omsendbrief gesê die nasionale register word in opdrag van die minister van gesondheid opgestel om ’n sentrale stoorplek te wees met die inligting van alle pasiënte in Suid-Afrika wat lede van mediese fondse is.

Hy sê die toetslopie wat deur die Raad op Mediese Skemas (RMS) en die mediese fonds vir staatsdienswerkers (Gems) uitgevoer is, was “uiters suksesvol en voordelig”. Daarom word ander mediese fondse uitgenooi om aan ’n soortgelyke toetsprojek deel te neem.

In 2018 is gesê die register sal basiese demografiese inligting hou, en inligting oor die mediese fonds waaraan ’n lid behoort.

Provinsiale owerhede het op die oomblik onder meer nie toegang tot data oor hoeveel pasiënte in ’n spesifieke gebied is om te bepaal wanneer lisensies toegeken moet word vir hospitale en beddens nie. Dit sal deur die register moontlik gemaak word, het die RMS verlede jaar in ’n dokument oor sy standpunt oor mededinging en wetgewing gesê.

In dieselfde dokument is gesê die koppeling van dié register aan die een van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal help met die identifisering van lede wat aanvullende voordele ontvang. Die regering is van plan om mediese fondse ná die instelling van die NGV net toe te laat om aanvullende voordele te dek wat nie deur die staat verskaf word nie.

“Die register sal verseker dat lede van mediese fondse nie die openbare gesondheidstelsel misbruik nie omdat hul demografiese inligting op die stelsel gestoor gaan word,” lui dié dokument.

Kabane het in sy omsendbrief oor die toetsprojek gesê die voordele vir die RMS en mediese fondse is die volgende:

  • Die geskiedenis van ’n lid kan bewaar word omdat een registrasienommer lewenslank aan ’n begunstigde toegeken word;
  • As iemand ’n staatshospitaal besoek, kan sy lidmaatskap aan ’n mediese fonds geverifieer word;
  • Dit sal help met verslae oor demografie, wat weer sal help met die beplanning van gesondheidsorg;
  • Beter en direkte kommunikasie met lede;
  • Die nagaan van data vir akkuraatheid sodat die gehalte daarvan by mediese fondse en hul administrateurs verbeter kan word;
  • Tendense in lede se gedrag kan oor tyd nagespeur word, en;
  • Die databasis kan in die toekoms aan die pasiënteregister van die NGV gekoppel word.

Volgens Kabane is daar ’n proses wat gevolg moet word indien mediese fondse belangstel om deel hiervan te wees, insluitend dat die fonds en die RMS ’n vertroulikheidsooreenkoms en ’n samewerkingsooreenkoms moet aangaan voordat die data uitgeruil word. Die ooreenkoms behels dat die inligting vertroulik gehanteer word, en afskrifte van die konsepooreenkomste is beskikbaar aan die mediese fondse.

Die mediese fondse wat aan die tweede deel van die toetsprojek deelneem, het vanaf Augustus tot einde Oktober tyd om eers die inligting oor 10 000 begunstigdes aan te stuur. Die gehalte van die data word dan getoets en verbeter.

LEES OOK: RMS: ‘Register oortree g’n wet’

Daarna sal nog data op die stelsel vanaf November vanjaar tot einde Februarie 2020 oorgedra kan word wanneer al die begunstigdes se inligting verskaf moet word.

Niks word in die omsendbrief gesê dat mediese fondse hul lede moet inlig dat die inligting aan die RMS verskaf word nie.

Die versoek van die nasionale departement dat persoonlike en demografiese inligting van lede en hul afhanklikes aan die RMS verskaf moet word om ’n nasionale register te skep, was verlede jaar in omstredenheid gehul. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.