Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Siekefondse sê hulle ly onder gierige dokters

Siekefondse slyp hul messe vir dokters wat “miljarde rande” se bedrog pleeg en daardeur die hele private gesondheidsorgstelsel onvolhoubaar maak.

Medscheme, administrateur van siekefondse soos Gems, Bonitas en Polmed, belowe om met die tjekboek reg te maak waar hulle voel die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) verbrou.

Volgens Paul Midlane, hoofbestuurder van Medscheme se forensiese afdeling, het siekefondse verlede jaar R23 miljard weens bedrieglike en onreëlmatige eise van dokters verloor. “Ons ondersoek tans ’n oogarts wat vermoedelik brille ter waarde van R70 elk vir pasiënte voorskryf en dan R1 500 van die siekefonds daarvoor eis,” sê Midlane.

Hy sê hul strategie is om medici vas te vat deur hulle as verskaffers te blok en betaling te weier, eerder as om hulle by die RGB te verkla omdat die raad soms jare lank sloer met ’n saak.

Die RGB is naas die polisie die enigste gesagsliggaam wat medici kan vasvat weens onetiese en selfs onwettige rekeningpraktyke.

Die RGB het nie op Rapport se vrae gereageer oor hoeveel klagtes hulle ontvang en hoeveel medici hulle vervolg nie, maar luidens sy amptelike syfers is bykans 100 gesondheidspraktisyns verlede jaar aan korrupsie skuldig bevind.

Dít is net die ore van die seekoei, sê Midlane. Oortreders word meestal op die vingers getik. “Hulle word telkens net ’n boete van tussen R5 000 en R20 000 en ’n opgeskorte skorsing opgelê. Dit is belaglik,” sê Midlane.

“As dié soort bedrog nie gekeer word nie, sal mediese premies nóg duurder raak en begunstigdes minder daarvoor uitkry.

“Siekefondse sal later heeltemal onvolhoubaar raak,” sê Midlane.

Discovery Health sê hy het verlede jaar R400 miljoen in onreëlmatige eise deur ingryping teruggekry en verkla jaarliks meer as 60 dokters by die RGB.

Elmarie Jensen, bestuurder van die Genesis-siekefonds, sê die RGB versuim om behoorlik met dokters af te reken wat siekefondse bedrieg.

“As skuldige dokters geskors word, sal voornemende oortreders twee keer dink voor hulle bedrog pleeg,” sê sy.

Dr. Mzukisi Grootboom, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, sê siekefondse gooi gereeld modder na medici, maar volg nie die regte kanale om skuldige dokters voor stok te kry nie.

“In enige samelewing is daar vrot appels, maar ons kan nie hierdie mense identifiseer as siekefondse of pasiënte hulle nie gaan verkla nie.”

Hy sê die oorgrote meerderheid van medici is eerlike, professionele mense wat soms in die uitvoering van hul pligte gefrustreer word deur siekefondse wat aan hulle voorskryf hoe hulle pasiënte moet behandel.

Dikwels is die “onreëlmatige eise” waarna fondse verwys eintlik net ’n meningsverskil oor wat toepaslik is – soos hoeveel handskoene nodig was vir ’n prosedure.

Lamees Scholtz, bestuurder van die Raad van Gesondheidsfinansiers (BHF), sê sowat 70% van onreëlmatige eise hou verband met bedrog.

Sy sê dis ingewikkeld om klagtes van dié aard te ondersoek en oortreders word nie altyd suksesvol vervolg nie.

Meer oor:  Mediese Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.