Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Skoksyfer: Koste van kraam verdubbel in 10 jaar

Die gemiddelde koste per kindergeboorte vir lede van die grootste mediese fonds in die land het die afgelope dekade amper verdubbel tot bykans R39 000.

koste, mediese fondse
kost

Discovery Health Medical Scheme (DHMS) skryf in ’n verslag wat dié week uitgereik is dat die gemiddelde koste per geboorte was ’n dekade gelede nagenoeg R19 750 vergeleke met R38 968 verlede jaar. Ma’s bring ná ’n geboorte gemiddeld 3,5 dae in die hospitaal deur.

DHMS se totale koste vir geboortes het van R600 000 ’n dekade gelede tot R1,5 miljard verlede jaar gestyg – ’n styging van 137%.

DHMS het verlede jaar 38 194 geboortes gedek – gemiddeld 104 per dag. Dit is 24% meer geboortes as wat hy in 2008 gedek het. In dié tyd het sy ledetal met 40% gestyg. Dit dui dus op ’n dalende geboortekoers.

“Hoewel die geboortekoers daal, het die algehele koste van geboortes vir die fonds asook die gemiddelde koste per geboorte gestyg,” sê DHMS. Dit is weens onder meer mediese inflasie en die feit dat meer babas deur middel van keisersneë gebore word.

Die grootste deel van die koste van ’n geboorte is vir hospitale – sowat R65 uit elke R100 wat aan geboortes bestee word. Spesialiste kry R20,80 uit elke R100. Sien die meegaande grafiek vir die res van die koste-uiteensetting.

baba generies
Verlede jaar is net 25% van die babas wat deur DHMS gedek word, natuurlik gebore. Foto: Pixabay

Keisersneë

Verlede jaar is net 25% van die babas wat deur DHMS gedek word, natuurlik gebore.

Die gemiddelde koste van so ’n geboorte was R24 866 en die gemiddelde getal dae in die hospitaal was 2,7. DHMS se algehele koste vir natuurlike geboortes was R241 miljoen.

75% van geboortes was dus deur middel van ’n keisersnee. Die internasionale gemiddelde koers is 21%.

Die gemiddelde koste hiervan was R43 726 en die gemiddelde getal dae in die hospitaal was 3,8. DHMS se algehele koste hiervoor was R1,3 miljard.

Die getal natuurlike geboortes het met 3% gestyg, maar die gemiddelde koste per geboorte was 82% hoër.

Die aantal keisersneë het met 27% gestyg, en die gemiddelde koste daarvan met 96%.

Waakeenheid

  • Die verhouding ma’s wat weens komplikasies met swangerskap of geboortes in die waakeenheid beland, het oor die dekade betreklik stabiel gebly, maar die gemiddelde koste daarvan het met 83% van R11 308 per dag ’n dekade gelede tot R20 647 per dag verlede jaar gestyg. Dié ma’s het gemiddeld 8,2 dae in die hospitaal gebly.
  • Die duurste verblyf in die waakeenheid was R2,3 miljoen vir 73 dae in die hospitaal.
  • Onder die top-tien- duurste verblywe in die waakeenheid was die goedkoopste R326 941 vir agt dae in die hospitaal.

Neonatale babas

Die verhouding neonatale babas wat in die neonatale waakeenheid, die neonatale hoësorgeenheid of gewone neonatale sorg beland, het oor die dekade effens gedaal.

Die koste per dag in die neonatale waakeenheid het egter met 78% R23 198 gestyg.

Dit is amper drie keer die gemiddelde koste per dag in die neonatale hoësorgeenheid, wat verlede jaar R7 471 beloop het. Dít is 81% meer as ’n dekade gelede.

Die duurste neonatale opname verlede jaar het R4,4 miljoen gekos vir 155 dae in die hospitaal.

Onder die toptien- duurste opnames, was die goedkoopste R2,3 miljoen vir 125 dae.

In die jaar was daar 115 neonatale opnames wat elk meer as R1 miljoen gekos het.

Hoeveel babas?

Die vrugbaarheidskoers van DHMS-lede volg volgens navorsing oor die tydperk van 2008 tot 2017 die internasionale tendens, naamlik dat dit daal. Die vrugbaarheidskoers verwys na die gemiddelde getal kinders wat ’n vrou het.

  • In 2017 het DHMS se lede ’n vrugbaarheidskoers van 1,57 gehad (1,74 in 2008).
  • Dit is baie laer as die Suid-Afrikaanse vrugbaarheidskoers van 2,29 (2,51).
  • Dit is ook laer as die internasionale koers van 2,37 (2,53).

Ouderdom van ma’s

Die hoogste geboortekoers is in Limpopo (64,1 babas per 1 000 vroue tussen die ouderdom van 18 en 55) en die Noord-Kaap (54,6).

DHMS se gemiddelde koers landwyd was 46,5 per 1 000 vroue in dié ouderdomsgroep.

Die gemiddelde ouderdom van ma’s het sedert 2008 met ’n jaar gestyg. Die Wes-Kaap het gemiddeld die oudste ma’s wat geboorte skenk (31,6 jaar).

In die Noord-Kaap en Mpumalanga is ma’s gemiddeld 29,8 jaar oud.

Hoewel die gemiddelde ouderdom net effens hoër is, het die persentasie ma’s wat ouer as 35 is wanneer hulle geboorte skenk, met 33% gespring sedert 2008.

Die afgelope jaar was daar 138 geboortes vir ma’s jonger as 18 jaar, en 91 geboortes vir ma’s ouer as 45 jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2101,05 (1523)
  • Top 40 51801,53 (65598)
  • All Share 57853,9 (73012)
  • Resource 10 44319,86 (18680)
  • Financial and Industrial 30 79247,89 (123696)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.