Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Só kan mediese fondse R20 mjd. spaar

Mediese fondse kan gesamentlik tot R20 miljard per jaar minder op eise uitgee as hulle die Government Employees Medical Scheme (Gems) se voorbeeld met sy nuutste opsie volg, meen dr. Guni Goolab, hoofbeampte.

  

Die gebruik van voorgeskrewe hospitale het Gems se eise aansienlik laat daal. Foto: Pixabay

Hy het vandeesweek gesê die fonds se aktuarisse het bereken dis hoeveel mediese fondse kan bespaar as die Emerald Value-opsie (EVO) se model gebruik word.

EVO is die eerste nuwe opsie wat Gems sedert sy ontstaan in 2006 bekend gestel het.

Die opsie is in Januarie 2017 bekend gestel om ’n goedkoper alternatief vir lede te bied en het reeds 178 000 hooflede en afhanklikes nadat ’n wesenlike hoeveelheid lede na die opsie geskuif het.

Dit is nou ná Emerald (1,1 miljoen lede en afhanklikes) en Ruby (217 000) die derde grootste opsie en is op sy eie groter as wat baie mediese fondse is.

Volgens Goolab het dit dieselfde voordele as die Emerald-opsie, maar behels dit die koördinering van sorg. Dit beteken:

  • Lede moet ’n algemene praktisyn benoem wat hulle gebruik.
  • Voordat ’n spesialis gespreek word, moet lede verwys word.
  • Net sekere hospitale (Netcare en Life Healthcare) word gebruik, waarmee afslagpryse onderhandel is.

Volgens Goolab is gesondheidsorgkoste met 17% verminder op EVO en die hospitaalopnames met 12% verminder danksy dié maatstawwe.

“Ons aktuarisse het ’n berekening gedoen as die hele mediesefondsbedryf koördinering van sorg gebruik, kan tot R20 miljard per jaar bespaar word,” het hy gesê.

Lees ook: Gems: Só styg staat se medies in 2019

“Die geld sal gebruik kan word om mediese fondse goedkoper te maak, uit te brei na meer mense, voordele te verbeter of selfs om potensieel ’n bydrae tot die finansiering van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te lewer.”

Die besparings wat in 2017 met EVO bewerkstellig is, is in 2018 aan lede deurgegee deur hul premies met minder te verhoog as ander opsies s’n. Vir lede op die opsie het hul premies gemiddeld, nadat die subsidie bygereken is, met 3,5% gestyg.

Die lede van EVO kry volgende jaar weer ’n laer verhoging as die ander opsies.

Só dra Gems-opsies by

Die bydraes wat lede en afhanklikes (tussen hakies) van die verskillende opsies van Gems in 2017 gemaak het tot die totale bydraes van R35,4 miljard:

  • Emerald (1,19 miljoen): R25,4 miljard
  • Ruby (217 976): R3,1 miljard
  • Onyx (58 346): R2,2 miljard
  • Emerald Value (115 687): R1,9 miljard
  • Sapphire (142 620): R1,02 miljard
  • Beryl (80 679): R903 992

Geldsake beter

  

Ingrypings wat Gems se geldsake omgekeer het.

  

Van die ingrypings het nie net wagtye ingesluit wat vir die eerste keer ingestel is nie, maar ’n groter fokus op die bekamping van bedrog, misbruik en vermorsing asook gevallebestuurders wat in hospitale uitgeplaas is.

Al die maatstawwe het eise met R2,4 miljard in die afgelope boekjaar verminder.

  

Solvensieverhoduding

Hy het gesê hulle is veral trots op die prestasie wat Gems met sy solvensieverhouding bereik het.

Mediese fondse moet ingevolge wetgewing 25% van hul jaarlikse bydraes in reserwe hou vir onverwagte eise. Gems kon dit nog nie sedert sy ontstaan regkry nie.

Einde 2016, met die hoë eise wat Gems ervaar het, het sy solvensieverhouding tot 6,9% gedaal. (Sien meegaande grafiek). Dit het verlede jaar op 15% geëindig, wat baie hoër as die teiken was, volgens hom.

Die solvensieverhouding gaan vanjaar op 18,4% eindig.

Aanvanklik is ingevolge hul vyfjaarplan wat aan die Raad op Mediese Skemas (RMS) voorgelê is, beplan om teen 2022 die 25% te bereik.

Volgens hom glo hulle nou dit gaan drie jaar vroeër teen einde 2019, bereik word.

“Ons is hoopvol die kommer oor ons finansies is nou agter die rug.”

  

Gems gaan vroeër as beplan sy reserwes tot 25% van bydraes verhoog.

    

Eise

Gems het verlede jaar R29 miljard aan eise betaal. Daarvan was R20,6 miljard eise vir voorgeskrewe minimum voordele (VMV).

Goolab het gesê van die VMV-eise was R1,8 miljard bo die mediesefondstarief. “Dit is tipies spesialiste wat meer as die tarief vra.”

Dit is reeds beter as die vorige jaar se meer as R2 miljard wat bo die tarief gevra is.

Die eise wat betaal is, sluit in:

  • Sowat 6 miljoen konsultasies by algemene praktisyns;
  • Net minder as 1 miljoen konsultasies deur spesialiste;
  • Meer as 440 000 hospitaalopnames; en
  • 45 miljoen voorskrifte vir medisyne wat uitgereik is.

Goolab het gesê Gems het begin om maatstawwe in plek te stel om die eise vir VMV’s wat bo die skematarief is te pak deur spesialiste in te kontrakteer.

Einde vanjaar gaan Gems meer as 1 800 spesialiste hê wat ingekontrakteer is.

Meer oor:  Guni Goolab  |  Vmv's  |  Mediese Fondse  |  Gems
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1096,09 (-202)
  • Top 40 45928,24 (-96904)
  • All Share 52259,46 (-103588)
  • Resource 10 40857,62 (33490)
  • Financial and Industrial 30 68105,44 (-217634)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.