Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Só raak veranderinge by Discovery se Vitality jou
Discovery se Vitality-produk word in 2020 duurder. Foto: Unsplash

Diegene wat gebruik maak van Discovery se Vitality-diens gaan van aanstaande jaar af meer as 8% méér daarvoor moet betaal as nou.

Vitality se maandelikse tarief styg van Januarie af van R259 per maand tot R280 per maand, het die maatskappy aan Netwerk24 bevestig.

Vir twee gesinslede gaan die maandelikse tarief van volgende jaar af R340 beloop, 10% meer as vanjaar.

Dié pryse geld wel vir Vitality se volledige produkaanbod, wat spesiale afslag op gimnasiumtariewe, gesonde inkopies, vlugte en fiksheidstoestelle insluit.

Afgesien daarvan stel Discovery ook twee nuwe Vitality-produkte bekend, naamlik Vitality Active en die Vitality Health Tracker.

Teen R89 per maand bied Vitality Active jou tot 50%-afslag op gimnasiumtariewe en fiksheidstoestelle van Huawei. Jy spaar ook 50% op fliekkaartjies en tot 25% op gesondheidsprodukte.

Kortom is Vitality Active ’n afgewaterde weergawe van die duurder Vitality.

Daarteenoor is die Vitality Health Tracker ’n gratis diens wat gebruikers sal in staat stel om hul gesondheid en fiksheid te monitor, maar sonder enige beloning.

Jy kry dus geen afslag op enige produkte of dienste as jy net van die Health Tracker gebruik maak nie.

Jy kan wel met Discovery Miles beloon word, sou jy al jou teikens haal, sê Discovery.

Verlaagde teikens

Hoewel Vitality duurder word, gaan dit makliker word om die verskillende vlakke te bereik.

Waar die hooflid tot dusver 10 000 punte per jaar moes insamel om tot die bronsvlak te vorder, word dié teiken van Januarie af tot 7 500 verlaag.

Dieselfde geld die silwer-, goue en diamantvlak.

Silwer verlaag van 30 000 punte in die jaar tot 25 000; goud verlaag van 45 000 punte tot 40 000 en die hoogste vlak, diamant, vereis nou net 50 000 punte binne ’n enkele jaar.

Jy kan nou ook ná net ’n jaar diamantvlak bereik. Dit het voorheen ’n minimum van drie jaar geneem.

Fokus op geestesgesondheid

Afgesien van veranderinge aan sy puntestelsel, gaan Vitality vanaf aanstaande jaar ook op gebruikers se geestesgesondheid begin fokus.

Volgens Discovery ly tot 30% van Suid-Afrikaners aan ’n vorm van geestelike siektes soos depressie of angstigheid.

Net soos in die geval met sy fiksheidstoetse gaan Vitality ook toetse instel waarvolgens gebruikers hul geestesgesondheid nagaan. Die uitkoms van dié toetse gaan gebruik word om gebruikers se risikoprofiel vir geestesiektes te bepaal.

Meer oor:  Discovery  |  Geestesgesondheid  |  Fiksheid  |  Mediese Fondse  |  Vitality  |  Oefening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.