Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Só styg Gems se premies in 2020
Gems se premies styg in 2020 met 7,7%.

Gems, die mediese fonds vir staatsamptenare, se premiestyging vir 2020 is die laagste onder mediese fondse wat tot dusver reeds hul premiestygings bekend gemaak het.

Hy het pas bekend gemaak sy geweegde gemiddelde styging is 7,7%. Dit wissel van 7,1% vir die Evo-opsie tot 8,7% vir Onyx.

Dr. Stan Moloabi, bedryfshoof wat in Februarie 2020 Gems se nuwe hoofbeampte word, sê dit volg op die gemiddelde verhoging van 7,1% verlede jaar.

Karyna Pierce, finansiële hoof, sê die rede vir die lae premieverhoging is die ommekeer in die finansiële vertoning van Gems, onder meer danksy die wagtye wat in 2017 ingestel is. 

Dit keer dat mense net by Gems aansluit, groot operasies laat doen en dan net weer bedank.

Gems het bereken mediese inflasie was sowat 9,8% – verbruikersprysinflasie van sowat 5,2% en verhoogde benutting van mediese dienste van sowat 4,5%.

Ander mediese fondse het sover veel hoër premieverhogings vir volgende jaar bekend gemaak. Discovery Health Medical Scheme se verhoging is gemiddeld 9,5%, Bonitas 9,9%, Momentum 8,2%, Fedhealth 10,6% en Medihelp 11,9%. 

Volgens Pierce is voordeelperke ook met 5,2% verhoog om tred te hou met inflasie. 

Sowat R1 miljard se verhogings in voordele word aan lede gegee, grootliks vanweë die beplande veranderinge aan Tanzanite One. 

Lede van Gems kan van 7 November tot 7 Desember van opsie verander. 

  • Dié berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is. 
Meer oor:  Gems  |  Staatsamptenare  |  Mediese Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.