Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
So styg medies met meer as salarisse
Verbruikers wat 'n lid van 'n mediese skema is, is die afgelope jare onder druk omdat salarisverhogings nie met die styging in premies tred hou nie.

Die premies van mediese skemas het die afgelope tien jaar met heelwat meer as die gemiddelde salarisverhoging gestyg.

Die makelaarsgroep GTC het vanjaar in sy jaarlikse peiling oor mediese skemas vir die eerste keer inligting verskaf oor hoe die styging in premies en salarisse met mekaar vergelyk.

Dit toon van 2006 tot 2016 het mediese skemas se premies met 104,8% gestyg terwyl salarisse met 80,2% gestyg het.

Premies het in dié 10 jaar meestal met gemiddeld twee persentasiepunte bo salarisverhogings gestyg.

“Dit toon duidelik die druk waaronder verbruikers is om premies te kan bekostig,” sê Jill Larkan, hoof van gesondheidskonsultasie by GTC. “Die inligting laat ’n mens regop sit. Dit laat ’n mens besef hoekom jy soveel druk voel as jy op ’n mediese skema is.”

Sy meen die inligting is nie verrassend nie omdat ook sy as lid van ’n mediese skema dit ervaar.

“Dit is net verrassend om te sien hoe sleg dit oor so lang tydperk is en dit laat ’n mens besef hoe moeilik dit is vir die man op straat om met die koste tred te hou.”

Sy sê indien na die afgelope tien jaar gekyk word, is dit duidelik om te sien dat private gesondheidsorgkoste teen ’n kommerwekkende koers styg.

Sy sê dit verduidelik hoekom al hoe meer mense onder druk is om voordele te verminder en na ’n goedkoper opsie te skuif, of om hul lidmaatskap van ’n mediese skema te kanselleer.

Meer oor:  Peiling  |  Salarisse  |  Verhogings  |  Mediese Skemas  |  Premies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.