Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Solidariteit belowe hy sal baklei teen NGV

Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) “stuur af op ’n onbetwisbare ramp”, sê Solidariteit.

Solidariteit wil Suid-Afrikaners “inent” teen staatsinmenging in gesondheid.

“Alle mediese praktisyns, belastingbetalers en Suid-Afrikaanse burgers sal geweldig negatief daardeur beïnvloed word. Derhalwe onderneem ons om alle hulpbronne tot ons beskikking te gebruik om die uitwerking daarvan te bekamp,” sê Morné Malan, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Die vakbondbeweging sê hy oorweeg “alle stappe” om die gevolge van NGV te beveg.

Dit beteken dat Solidariteit insette sal lewer by die openbaredeelnameproses oor die hersiene NGV-wetsontwerp, wat verlede week bekend gestel is.

Hy tref egter ook voorbereiding “indien die wetsontwerp in sy huidige, verdoemende formaat aanvaar sal word”.

Solidariteit se regspan kan onder meer die grondwetlikheid van die NGV-wet (nadat dit aanvaar is) toets. Die DA het ook dié week gesê die parlement moet regsadvies inwin om te bepaal of die wetsontwerp grondwetlik is. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê kenners van die Grondwet en die staatsregsadviseur het die wetsontwerp onder oë gehad.

Malan sê “die geskiedenis van die NGV word gekenmerk deur ’n onbereidwilligheid van die departement (van gesondheid) om enigsins van hul aanvanklike plan af te wyk”.

“Ons bestudeer en is nou al vir twee jaar betrokke by die NGV. Ons is goed ingegrawe en staan gereed om, indien nodig, te baklei.”

Malan sê Solidariteit wil Suid-Afrikaners “inent” teen staatsinmenging in gesondheid.

Hennie Bierman, hoof van Solidariteit se beroepsgilde vir gesondheidspraktisyns, sê hulle beywer hulle vir lede se reg “om seker te maak dat selfs onder ’n NGV-bestel ons lede steeds hul beroep kan beoefen met die vryheid, onafhanklikheid en geesdrif waarop hulle geregtig is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.