Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Stuur kommentaar oor NGV voor 11 Oktober
ngv, mediese fonds,
Daar is nog heelwat vrae oor waar die staat die geld vir sy nasionale gesondheidsversekering gaan kry. Foto: Unsplash

’n Versoekskrif teen die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV) wat deur 30 000 mense onderteken is, is vandeesweek aan die parlement oorhandig.

Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) sê die versoekskrif bevat die name van mense wat sy alternatiewe oplossing steun om Suid-Afrika se krisis in die gesondheidsbedryf op te los.

Dit is deel van die IRR se veldtog om ’n alternatief vir die NGV te bevorder.

Die NGV-wetsontwerp is in Augustus bekend gemaak en aan die parlement oorhandig. Die openbare konsultasieproses gaan nou afskop.

Die portefeuljekomitee oor gesondheid het Vrydag die publiek en belangegroepe uitgenooi om skriftelike kommentaar te lewer op die NGV-wetsontwerp en aan te dui indien hulle mondelingse voorleggings wil doen.

Dit moet voor 11 Oktober geskied. Sien die adresse hiernaas.

Die IRR sê in sy huidige formaat is die NGV onbekostigbaar en gaan tot ’n uittog van gesondheidspraktisyns lei en gesondheidsorg vir almal verswak. Marius Rood, bestuurder van die veldtog, het gesê die instituut gaan ook voor 11 Oktober in die parlement ’n voorlegging oor die NGV doen.

Hier is die adres

Die portefeuljekomitee oor gesondheid sê skriftelike voorleggings kan aan Vuyokazi Majalamba gestuur word.

Die adres is:

Portfolio Committee on Health 3rd floor, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000

’n E-pos kan ook gestuur word na vmajalamba@parliament.gov.za

’n Faks kan na 086 694 3279 gestuur word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.