Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Taks vir NGV 'gaan betalers knak'

’n Moeilike debat lê voor oor die besonderhede van die hersiene NGV-wetsontwerp wat Donderdag in die parlement ter tafel gelê is, het belangegroepe in die private sektor gesê.

Die hersiende wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering is Donderdag met wisselvallige kommentaar begroet. Foto: Pixabay

Die uitreiking van die langverwagte wetsontwerp is meestal sonder kritiek van belangrike rolspelers in die private gesondheidsektor verwelkom.

Dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van Discovery Health, die administrateur van die grootste mediese skema in die land, sê die wetsontwerp bevat baie besonderhede, en verdere kommentaar sal later gelewer word.

“Oor die toekomstige rol van mediese skemas bestudeer ons nog die wetsontwerp omdat dit nie heeltemal duidelik is nie.”

Dit is omdat die wetsontwerp lui: “Sodra die NGV suksesvol geïmplementeer is soos deur die minister bepaal is deur die regulasies in die Staatskoerant te adverteer, sal mediese skemas net aanvullende dekking mag bied vir dienste wat nie deur die NVG betaal gaan word nie.”

Broomberg sê hulle sal met die minister en die departement skakel oor die implikasies daarvan voordat daar in detail kommentaar gelewer word.

“Ons glo vas sodra mense bydra tot die NGV, moet hulle die vryheid hê om dekking te koop van mediese skemas vir enige gesondheidsdiens, insluitende dit wat die NGV gaan bied.”

Mediclinic wil ook meer duidelikheid hê oor sekere aspekte van kritieke belang soos die “belangrike rol van mediese skemas asook die voertuig wat gebruik gaan word om verskaffers in die openbare en private sektor te kontrakteer”.

“Dit is ook belangrik dat die bedryf verstaan watter voordele deur die NVG-fonds gedek gaan word en hoe die fonds gefinansier gaan word.”

Die voordele wat die NGV-fonds gaan dek, sal deur ’n advieskomitee bepaal word en daar is dus geen sekerheid oor dit wat die NGV gaan dek nie.

Die finansiering is ook nog onduidelik omdat die nasionale tesourie sy kosteberamings en voorstelle oor finansiering moet hersien en nog moet uitreik.

Dr. Biren Valodia, voorsitter van die drukgroep vir private hospitale, die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa), sê die organisasie het lank gewag vir die wetsontwerp “ten einde in diepte en in detail oor die voorstelle te skakel”.

Siviwe Gwarube van die DA sê in ’n verklaring die wetsontwerp het nie veel verander van die “problematiese weergawe” wat in 2018 uitgereik is nie.

“Die wetsontwerp soos dit nou daaruitsien gaan nie die NVG kan bewerkstellig nie.

“Die DA is oortuig daarvan dat dit in stede van ’n voertuig te skep om gehaltegesondheidsorg aan almal te lewer, gaan gesondheidsorg genasionaliseer word, nog ’n staatsonderneming gaan geskep word, en dat dit ’n bykomende belastinglas vir die reeds platsak verbruikers gaan bring.”

Belangrike probleme met die wetsontwerp sluit volgens Gwarube in dat provinsiale magte weggeneem word. Die wetsontwerp beoog om die bestuur van hospitale wat onder die provinsies val, na die nasionale departement te verskuif. Dit gaan beteken die geld wat provinsies vir gesondheidsorg kry, gaan verminder.

Die finansieringsopsies wat in die wetsontwerp beoog word, sluit in dat die mediese belastingkrediete wat premies van die lede van mediese skemas verlaag, weggeneem gaan word, en in ’n latere fase gaan ’n bykomende verhoging in persoonlike belasting moontlik ingestel word.

Gwarube meen die wetsontwerp gaan verbruikers se keuses wegneem omdat die “nasionale departement van gesondheid die alleenverskaffer van gesondheidsorg sal wees terwyl private gesondheidsorgverskaffers met die staat moet kontrakteer”.

“Dit beteken daar gaan keuse wees vir mense om watter dienste waar te koop nie.”

Die gevolge van dié polities gemotiveerde skema is heeltemal voorspelbaar. Die gehalte van gesondheidsorg gaan val, meer dokters gaan die land verlaat en die burokrasie gaan nie die groot volumes eise kan hanteer nie, terwyl ’n onnodige las op belastingbetalers geplaas gaan word.
die Vryemarkstigting

Die Vryemarkstigting sê die wetsontwerp het bevestig wat Suid-Afrikaners reeds vir ’n dekade lank weet – dat ’n belastingverhoging nodig gaan wees om die regering se “onwerkbare en onuitvoerbare” NGV-skema te finansier.

“In hierdie haglike ekonomiese tye sal dié belasting vir NGV die laaste spyker in die kis wees vir sukkelende verbruikers.”

Die stigting sê die belasting wat beoog word gaan deur die werkendes gedra moet word. Dit kan ook tot werkverliese ly.

Die stigting sê die klein belastingbasis van Suid-Afrika maak dit uiters onwys vir die regering om nóg ’n belastinglas op die reeds oorbelaste belastingbetalers in te stel.

Die NGV gaan die mag in die hand van die staat plaas en daar gaan nie ruimte wees vir die private sektor om bedrywig te wees nie.

“Onder die NGV gaan die staat die beskikbaarheid, finansiering en lewering van gesondheidsorg beheer, van geboorte tot graf, en Suid-Afrikaners gaan nie meer enige keuses hê nie.

“Die gevolge van dié polities gemotiveerde skema is heeltemal voorspelbaar. Die gehalte van gesondheidsorg gaan val, meer dokters gaan die land verlaat en die burokrasie gaan nie die groot volumes eise kan hanteer nie, terwyl ’n onnodige las op belastingbetalers geplaas gaan word.”

Narend Singh van die IVP sê die regering het ’n sigbare verbetering in die gesondheidsorgbedryf teen 2026 nodig wanneer NGV veronderstel is om ten volle in werking te wees. Volgens hom hoop die IVP die openbare konsultasieproses in die parlement gaan die talle probleme wat die gesondheidstelsel pla, na vore bring.

“Ons kan nie wetgewing ondersteun indien die basiese dinge nie eers reg is nie. Suid-Afrika het nie nou ’n NGV nodig nie. Wat ons nodig het, is om dit wat verkeerd is, eers reg te maak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.