Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Takskrediete vir medies ‘geleidelik verminder’
NGV gaan geleidelik in werking gestel word en daarom gaan belastingkrediete vir mense met mediese fondse nie eensklaps verwyder word nie, sê die tesourie. Foto: Pixabay

Die belastingkrediete wat lede van mediese fondse ontvang, sal stelselmatig verminder word om dié geld vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te wend, sê dr. Mark Blecher, hoofdirekteur van gesondheid van die nasionale tesourie.

Die bedryf hou asem op vir ’n aankondiging oor die belastingkrediete, wat lede se premies help verlaag.

Blecher sê aankondigings kom waarskynlik in die mediumtermynbegrotingsraamwerk later vandeesmaand en in Februarie se begroting oor hoe mediese belastingkrediete hervorm gaan word.

In die tweede fase van die inwerkingstelling van NGV gaan dié geld in ’n tussentydse fonds gestort word om belangrike gesondheidsprogramme in die land te finansier – onder meer om sekere soorte kanker te behandel, asook om kinders met gehoor- en sigprobleme toegang tot gesondheidsdienste te gee.

Die mediese krediete beloop tans tussen R20 miljard en R25 miljard per jaar.

Dit is baie belangrik dat dié mense wie se belasting gewysig gaan word, die voordele wat hulle kragtens die NGV ontvang, as nuttig beskou.
Dr. Mark Blecher van die tesourie

Hy het Vrydag op ’n simposium van die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) oor die NGV gesê die belastinghervorming gaan waarskynlik stelselmatig wees – deels omdat die voordele van die NGV oor tyd ontwikkel gaan word. “Dit is baie belangrik dat dié mense wie se belasting gewysig gaan word, die voordele wat hulle kragtens die NGV ontvang, as nuttig beskou.”

Dit is ook nodig om die belastingkrediete stelselmatig te verminder omdat die grootste voordeel van dié krediete na laer- en middelinkomstewerkers gaan.

Blecher sê Gems is ’n groot rolspeler in die mediesefondsbedryf en moet ’n leidende rol speel in die verskuiwing na die NGV.

Gems se besteding aan gesondheidsorg beloop R30 miljard per jaar. “Dit is 0,7% van die bruto binnelandse produk (BBP). Daar is arm lande wat 1% van hul BBP aan hul hele gesondheidstelsel bestee en dié is net een fonds wat dit bestee.”

Volgens hom is Gems se besteding groter as die gesondheidsbegrotings van sewe provinsies. Dis selfs meer as wat in die Wes-Kaap bestee word, wat in die afgelope boekjaar R20 miljard beloop het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2484,77 (9054)
  • Top 40 48545,62 (-10133)
  • All Share 54280,79 (-10551)
  • Resource 10 42993,1 (-27592)
  • Financial and Industrial 30 73252,99 (-2724)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.