Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Tesourie ontken hy is haaks met presidensie oor NGV
Die plan met die NVG is om ’n sentrale fonds te stig waarin alle bydraes vir ’n nasionale mediese fonds gestort word.

Die nasionale tesourie het Vrydag bevestig dat gesprekke oor die hersiening van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gevoer word.

Die wetsontwerp is op 21 Junie uitgereik nadat die kabinet goedgekeur het dat dit in die Staatskoerant vir openbare kommentaar gepubliseer word.

Daarna is drie maande vir kommentaar toegelaat en die presidensie het in Oktober ’n nasionale beraad oor gesondheid gehou om belanghebbendes oor die voorgestelde NGV en probleme in staatshospitale byeen te bring.

Business Day het Vrydag berig dat die nasionale tesourie en Olive Shisana, spesiale raadgewer van pres. Cyril Ramaphosa oor maatskaplike sake, haaks is omdat sy eensydig wysigings in die wetsontwerp aangebring het.

Aldus die koerant het Ismail Momoniat, waarnemende direkteur-generaal van die nasionale tesourie, verlede week ’n brief aan Shisana gestuur waaruit dié verskille blyk. Dit handel glo oor belangrike dele van die wetsontwerp waarvoor die tesourie spesifiek gevra het en wat sy verwyder het.

Die plan met die NVG is om ’n sentrale fonds te stig waarin alle bydraes vir ’n nasionale mediese fonds gestort word. Dié fonds gaan sekere voordele vir alle Suid-Afrikaners dek, soos wat mediese fondse tans vir hul lede doen.

Die nasionale tesourie het Vrydag in ’n verklaring gesê sedert die wetsontwerp vir kommentaar uitgereik is, is wyd daaroor beraadslaag. Dit sluit in die presidensiële konsultasie oor NGV op 24 Augustus, wat die gesondheidsberaad voorafgegaan het.

“Die konsultasie het die regering in staat gestel om seker te maak dat alle oorwoë sienings vir die hersiening van die konsepwetsontwerp beskikbaar is.”

Volgens die nasionale tesourie het die presidensie ’n NGV-krygskamer gevestig om te verseker dat die NGV-program suksesvol uitgevoer word. Alle relevante departemente is betrokke.

“Amptenare van die presidensie, die departement van gesondheid, die nasionale tesourie en ander staatsdepartemente het saam aan die hersiene NGV-wetsontwerp gewerk.”

Die brief waarna in die mediaberig verwys word, is net deel van die “lewendige en voortgesette skakeling” wat plaasvind om samehang oor beleid te verseker, sê die tesourie in die verklaring.

“Ons het aansienlike vordering gemaak op kerngebiede en ’n ooreenkoms bereik oor die meeste belangrike aangeleenthede.

“Baie van die kwessies wat deur die tesourie geopper is, het aandag gekry. Ons is oortuig daarvan dat hierdie belangrike wetsontwerp binnekort in die parlement ter tafel gelê gaan word. Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra die proses voltooi en die wetsontwerp deur die kabinet goedgekeur is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.