Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
‘Verbod op mediese fondse’: Hospitale wag en kyk

Die nuus dat senior amptenare in die regering voorgestel het mediese fondse word verbied wanneer Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in werking tree, blyk die sektor sprakeloos te laat.

Daar heers opnuut kommer oor die toekoms van mediese fondse in Suid-Afrika. Foto: Pixabay

Die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) het by navraag gesê hy is nié gereed om kommentaar oor dié gerug te lewer nie.

Private hospitale sal baie ernstig geraak word indien mense nie meer mediese fondse mag hê nie.

Dit kom nadat Ismail Momoniat, waarnemende direkteur-generaal in die tesourie, verlede week dié voorstel kritiseer in ’n brief aan dr. Olive Shisana, die hoof van die “NGV-oorlogskamer” in die presidensie. Die brief is aan die media gelek.

Lees hier: Die tesourie se brief oor mediese fondse

Die nuutste weergawe van die voorgestelde NGV-wetsontwerp het glo ’n nuwe bepaling wat sê nóg siekefondse nóg “enige ander vrywillige versekering vir private gesondheidsorg” soos gapingsdekking sal enigiets mag dek wat deur die NGV aangebied word. Dit is om te sorg dat die NGV in sy doelstellings slaag en “fragmentering van gesondheidsfinansiering” te voorkom, luidens die nuwe weergawe.

Momoniat sê in sy brief: “Dié bepaling is onnodig in dié stadium en mense met mediese fondse en belastingbetalers sal dit as ’n ekstreme bedreiging vir die hele private gesondheidsektor ervaar.”

Hy skryf dié bepaling sal ’n stortvloed van hofsake tot gevolg hê en beleggers in die gesondheidsektor afskrik.

Die brief is gedateer 9 November.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het nog in Oktober op die Hasa se jaarlikse konferensie in Johannesburg gesê daar is geen plan om van private gesondheidsorg in Suid-Afrika ontslae te raak nie.

“Niemand beplan om private gesondheidsorg te vernietig nie. Daar bestaan nie so ’n plan nie.”

Netwerk24 wag nog op kommentaar van mediese skemas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.