Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Virus kan Gems R900 m. kos

Die mediese skema vir staatsdienswerkers (Gems) het beraam hy sal sowat R900 miljoen moet bestee aan die sorg en behandeling van lede en afhanklikes wat Covid-19 opdoen.

Heelwat mense met Covid-19 sal hospitalisasie en selfs versorging in waakeenhede benodig.

Gems is die tweede grootste mediese fonds in die land naas die Discovery Health Medical Scheme.

Die beraming is deur die skema se aktuarisse gedoen.

“Weens die wisselvalligheid van die inligting wat beskikbaar is in verband met die uitbreking, kan die finale syfer wesenlik verskil. Dit is net ’n beraming gegrond op aktuariële modelle,” het Gems by navraag gesê.

Dit sluit in hospitalisasie en die risiko van kritieke sorg.

Dr. Stan Moloabi, hoofbeampte van Gems, sê die mediese skema sal die koste van die versorging en toetse van sy lede dra.

Hy het lede die versekering gegee dat die pandemie nie hul daaglikse voordele en spaargeld sal raak nie.

Dit is sover bekend die eerste mediese skema wat die beraamde koste wat die virus vir hulle kan hê, bekend gemaak het.

Meer oor:  Gems  |  Gesondheidsorg  |  Covid-19  |  Mediese Fondse  |  Koronavirus  |  Private Gesondheidsorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.