SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Mediese Fondse
Vitality-program: Nou moet jy swéét vir jou afslag!

As jy drie keer per maand gou by die gimnasium omry om jou kaart te vee en weer te waai, is daar slegte nuus vir jou.

Spring, sussie, spring - minstens ’n halfuur lank.

Discovery Vitality wil van 2019 af probeer verseker dat mense wat gimnasium toe gaan, régtig gaan oefen en nie net om afslag op hul gimnasium-lidmaatskap te kry en natuurlik die ander voordele van Vitality te benut nie.

Lidmaatskap van Discovery Vitality gee mense enorme afslag op gim-lidmaatskap by die meeste groot gimnasiums, maar as jy minder as 36 keer in enige aaneenlopende tydperk van 12 maande gimnasium toe gaan, skiet die lidmaatskapsgeld op.

Vitality wil van 2019 af verseker dat jy minstens ’n halfuur in die gimnasium bestee, anders kwalifiseer dit nie vir die afslag nie – en ook nie vir die 100 punte wat Vitality Active Rewards-lede kan verdien nie.

Lees ook: Vitality maak geld as jy nié jou voordele gebruik

Maar presies hóé gaan Vitality weet jy is 30 minute in die gimnasium, veral as jy nie ’n fiksheidstoestel soos ’n Fitbit of Apple Watch het wat jou hartklop monitor nie?

Dr. Craig Nossel, hoof van Vitality Wellness, sê hulle toets tans ’n stelsel waar jy jou gimkaart ook moet vee wanneer jy die gimnasium verlaat. Daar sal dus ’n tyd aangedui word vir wanneer jy inkom en weer uitgaan.

Daar is nog geen aanduiding waar of hoe lank die stelsel getoets word of wanneer dit by alle gimnasiums ingestel sal word nie.

Nossel sê hulle is bewus van ’n “klein getal lede” wat hul kaarte vee sonder om te oefen, “en sal aanhou om dié onreëlmatighede met Vitality-punte te monitor – ons het ’n span data-ontleders wat dit doen. Die praktyk is baie marginaal, en wanneer ons wel onreëlmatige gedrag optel, volg ons dit met ons vennote (gimnasiums) en die betrokke lede op.”

Rede vir nuwe voorwaarde

Vitality wil nie net ’n suurpruim wees wat keer dat jy goedkoper fliek of ’n gratis koppie koffie verdien nie.

“Ons wil verseker dat alle gim-besoeke gesondheidsvoordele skep,” sê Nossel.

Hy sê fisieke onaktiwiteit is ’n wêreldwye epidemie. “Verskeie studies beklemtoon dat onvoldoende fisieke aktiwiteit ’n kernrisikofaktor vir nieoordraagbare siektes soos hartsiektes, kanker en diabetes is; en dis ’n massiewe probleem.”

Die American College of Sports Medicine beveel aan dat mense minstens 150 minute per week oefen. Dit kom neer op 30 minute, vyf keer per week – “vandaar ons begeerte dat mense minstens 30 minute per keer oefen”.

Styging in bydraes

Lidmaatskap van Discovery Vitality styg met tussen 6,9% en 12,5%. Een lid gaan nou R259 betaal; twee lede R309; en drie lede R359.

Vitality Active, wat nou 500 000 lede het, het ook al heelwat navorsing gedoen wat bewys dat oefening wél werk om mense gesonder te hou. Mense wat begin oefen, se gesondheidsuitgawes daal met 14%. In ’n gegewe tydperk is die risiko dat jy sterf, 69% minder vir mense wat oefen.

Wat diabetes betref, wys Vitality se syfers dat 16% minder lyers se toestand agteruitgaan wanneer hulle begin oefen.

Lidmaatskap aan Vitality Active verander mense se gedrag – ongeag of hulle gesond is of nie. Gesonde lede begin 21% meer gereeld oefen en oefen 11% meer intensief wanneer hulle aansluit. Mense met chroniese toestande begin 24% meer gereeld oefen en oefen ook 24% meer intensief.

Ook nuut

Benewens die vereiste dat jy ’n halfuur lank in die gim sal moet bly (jy kan seker steeds kul en net gaan koffie drink), lyk dit asof Vitality sy voordele uitbrei. Van die hoogtepunte is:

  • Healthy Dining: Met dié voordeel kan jy 25% terugkry as jy gaan uiteet en gesonde opsies op die spyskaart kies. Deelnemende restaurante is Col’Cacchio, Woolworths Café, Nando’s, Ocean Basket en Doppio Zero. Jy sal dié voordele ook kry as jy die kos deur Uber Eats laat aflewer. Kinders kan vir hul ouers 50%-afslag beding deur gesonde keuses te doen. ’n Voorvereiste is dat jy die Vitality Age- en Vitality Healthy-opname voltooi. Die afslag werk nes die Healthy Food-voordeel by Pick n Pay en Woolworths, naamlik dat die kontant een keer per maand aan jou terugbetaal word, eerder as afslag op jou restaurantrekening.
  • Toestelle: Huawei-fiksheidstoestelle word ook nou aanvaar, soos Polar, Fitbit, Garmin Suunto, TomTom en die Apple Watch. Goeie nuus vir mense wat ’n nuwe toestel wil koop, is dat die Device Booster-aktiveringsgeld in 2019 wegval!
  • Vitality Health Check-punte: Jou bloeddruk, bloedsuiker, cholesterol, liggaamsmassa-indeks en rookstatus sal voortaan geklassifiseer word as binne teiken, matige risiko of hoë risiko gegrond op kliniese riglyne. Mense wat binne die teikenband is met al vyf, sal 22 500 punte verdien.
  • Nuwe program teen rook: Lede kan nou tot 50% van hul geld terugkry as hulle deur Clicks of Dis-Chem deelneem aan GoSmokeFree.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.