Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Vrae oor fondse se miljarde in reserwes ná NGV
Private praktisyns werk in sekere gebiede omdat daar genoeg werk is. As hulle gedwing word om elders te werk, sal baie dokters eerder die land verlaat, waarsku kenners.

Die R66 miljard se reserwes wat mediese skemas oor die jare opgebou het se heenkome is iets waaroor daar besin moet word.

Reserwes is die opgehoopte fondse wat mediese fondse ingevolge wetgewing opsy moet sit.

Reserwes het van R60 miljard tot R66 miljard in die boekjaar gestyg.

Mediese fondse moet ingevolge wetgewing 25% van hul premies in opgehoopte fondse of reserwes hou.

Dit word beskou as ’n buffer teen onverwagte baie hoë eise.

Dr. Sipho Kabane, registrateur van mediese skemas, het Donderdag in die parlement by ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee van gesondheid, op ’n vraag van die EFF gereageer.

Naledi Chirwa, ’n lid van die komitee van die EFF, wou weet wat met die reserwes gaan gebeur wanneer Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in werking tree.

Kabane het gesê dit is een van die sake waaroor al die sleutelbelangegroepe onder leiding van die minister van gesondheid nog moet besin.

Hy sê ingevolge die NGV-wetsontwerp gaan mediese fondse wanneer NGV ten volle in werking tree aanvullende dekking bied.

“Die detail van hoe ons migreer van die huidige stelsel tot die volle NGV is nog nie bepaal nie.

“Die reëlings vir die oorgang van die huidige stelsel tot die NGV-omgewing moet die vraag oor die huidige reserwes hanteer.”

Kabane sê die huidige reserwes word geskep deur wat oorbly nadat bydraes gebruik is om vir dienste te betaal.

“As jy mediesefondslede vra, sal hulle vir jou sê dit is hulle geld.

“As jy met ander mense praat, sal hulle sê dit is ’n baie meer komplekse saak as dit, omdat die regering deur belastingkrediete en subsidies ook ’n bydrae maak.

“So hoe verdeel ’n mens die opgehoopte reserwes om te sê hierdie deel behoort aan A, B of C? Onthou ook maatskappye gaan sê ons het ook bydraes gemaak vir hierdie reserwes, en sonder die bydraes sou die premies nie betaal kon word nie.

“Ek sal op die oomblik my kommentaar hou vir later oor hoe dit hanteer moet word, want dit is ’n kwessie waaroor al die belangegroepe gekonsulteer moet word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.