Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Waghond oor mediese fondse bang wet trek sy tande

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) sê hy is “teleurgesteld, geïrriteerd en bekommerd” oor die wetsontwerp oor die gedrag van finansiële instellings (Cofi).

Die RMS het in ’n verklaring gesê dit gaan onprakties wees om “gesondheidsorg en die finansiële sektor” in dieselfde mandjie saam te gooi.

Die Raad op Mediese Skemas vrees nuwe voorgestelde wetgewing gaan die liggaam se vermoë wegkalwe om as waghond vir die mediesefondsbedryf op te tree.

Die waghond glo die Cofi-wetsontwerp gaan hom ontman en lam laat.

Kommentaar is tot begin April deur die minister van finansies op die wetsontwerp toegelaat.

“As dit goedgekeur word, gaan dit die RMS se mandaat wegvreet,” het dr. Sipho Kabane, registrateur van mediese fondse, gesê.

Volgens hom gaan die wetsontwerp kernfunksies van die RMS verwyder en dit die verantwoordelikheid van die Gedragsowerheid oor die finansiële sektor (FSCA) maak.

“Dit kom daarop neer dat die RMS se bestaan as ’n onafhanklike reguleerder deur wetgewing tot ’n einde gebring gaan word.”

Die Cofi-wetsontwerp is deel van die hervorming van die wetgewing wat die finansiëledienstesektor en banke beheer. Laasgenoemde het gelei tot die ontstaan van die FSCA en die nuwe owerheid in die Reserwebank wat seker maak banke en versekeraars voldoen aan die reserwevereistes om beleggingsgeld en deposito’s veilig te hou.

Die FSCA en die eenheid in die Reserwebank is kragtens die wet op die regulering van die finansiëledienstesektor opgerig.

Die FSCA moet ingevolge die wet die gedrag van alle finansiëlediensteverskaffers beheer, insluitend vir die eerste keer dié van banke teenoor hul kliënte.

Die Cofi-wetsontwerp is die volgende fase van die wetshervorming en is daarop gerig om wetgewing oor die finansiële sektor in een omvattende wet oor markgedrag byeen te bring.

Kabane het gesê die mediesefondsbedryf is baie tegnies en benodig gespesialiseerde sake-eenhede wat klagtes ondersoek en oplos. Hy meen as dit verander, gaan dit verdere probleme vir mediesefondslede veroorsaak.

Dit gaan verwarring meebring oor wie mediese fondse gaan beheer . . . Gewetenlose skemas gaan voordeel probeer trek uit die situasie en lede se belange benadeel.
Dr. Sipho Kabane, registrateur van mediese fondse

“Ons is spesifiek gekant teen die dele van die wetsontwerp wat na die mediesefondsbedryf verwys.”

Hy meen mediese fondse word anders bedryf as versekeringsprodukte en moet dus nie aan soortgelyke gedragsvereistes onderwerp word nie.

Kabane meen ook die gebrek aan voldoende kommunikasie oor die “dreigende ondergang van die RMS” of sy opname in die FSCA gaan angs en onstabiliteit in die bedryf meebring.

“Dit gaan verwarring meebring oor wie mediese fondse gaan beheer . . . Gewetenlose skemas gaan voordeel probeer trek uit die situasie en lede se belange benadeel.”

Boonop is die RMS ook bekommerd dat die wetsontwerp die werk wat tans gedoen word in aanloop tot Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan ondermyn.

“Die RMS is betrokke by verskeie strategiese projekte wat daarop gerig is om die bedryf te koördineer ná die implementering van die NGV.”

Hy eis nou dat daar behoorlik deur die nasionale tesourie en die FSCA met die RMS gekonsulteer word voor die finale weergawe van die wetsontwerp na die parlement gestuur word.

Die Cofi-wetsontwerp is op 11 Desember vir kommentaar gepubliseer.

Meer oor:  Rms  |  Fsca  |  Mediese Fondse  |  Raad Op Mediese Skemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.