Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Waghond oor mediese fondse kry nuwe voorsitter

Prof. Lungile Pepeta is as die nuwe voorsitter van die Raad op Mediese Skemas (RMS) aangestel, nadat sy voorganger aan Covid-19 dood is.

Prof. Lungile Pepeta, nuut aangestelde voorsitter van die Raad op Mediese Skemas.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Pepeta aangestel.

Dr. Sipho Kabane, uitvoerende hoof van die RMS, sê Pepeta se aanstelling kom op ’n tyd wat die land worstel met die koronaviruspandemie.

Sowat 15% van die bevolking, amper 8,9 miljoen mense, is lede van mediese fondse.

Pepeta is ’n mediese dokter en akademikus. Hy dien tans as dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth.

Hy het voorheen in vername strukture van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) gedien.

Hy het ook by verskeie openbare hospitale in die veld van pediatriese kardiologie gewerk.

LEES OOK: Klein hartjies vermurwe sy hart vir mediese beroep

Hy het ’n MBChB van die Universiteit van Transkei (nou die Walter Sisulu-Universiteit) verwerf.

Sy nagraadse kwalifikasies sluit in ’n diploma in kindergesondheid, ’n genootskap van die Kollege van Kindergeneeskunde, en ’n sertifikaat in kardiologie van die Kollege van Kindergeneeskunde.

Hy hou ook ’n medisynemeestersgraad in pediatrie van die universiteit van die Witwatersrand, asook ’n genootskap van die Vereniging vir Kardiovaskulêre Gesondheid en Angiografie en Intervensie in Amerika.

Hy voltooi tans sy doktersgraad in pediatrie aan die Universiteit Stellenbosch.

Hy was sedert sy aanstelling deur die minister van gesondheid in November 2017 ’n lid van die RMS.

Hy volg dr. Clarence Mini op wat in Mei vanjaar aan Covid-19 dood is.

Meer oor:  Rms  |  Raad Op Mediese Skemas  |  Clarence Mini  |  Dokter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.