Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tot jou diens
Tot Jou Diens: Die lang wag vir Vodacom

Tot Jou Diens is ’n kampvegter vir verbruikers. Stuur klagtes aan totudiens@beeld.com en onthou om die kontakbesonderhede van die betrokke onderneming in te sluit.

  

Groot fout met promosie

  

  

Rudie van Rensburg was nie gelukkig met die diens wat hy by Vodacom gekry het nie.

“Ek het twee selfoonkontrakte met Vodacom aangegaan. Ek moes met ’n promosie daarmee saam sekere ander toerusting ook ontvang het.

“Hulle het egter nie toe voorraad van die fone gehad nie. Dit sou in ’n later stadium aan my verskaf word.

“Ná drie weke het my vrou en seun die fone gaan haal, maar nie die ander toerusting ontvang nie. Ek het navraag gedoen en volgens Vodacom was daar fout met die wyse waarop die nuwe fone vir die promosie geregistreer is.

“Ek en my vrou was al intussen ’n paar keer terug na die plaaslike Vodacom-winkel, maar steeds wag ons vir die toerusting. Hulle het die fout gemaak en nou is dit my probleem.”

Tot Jou Diens het Van Rensburg se klagte vir Vodacom gestuur. Hulle het die een item reeds aan hom verskaf en ’n bestelling is vir die res geplaas.

Slaap op harde matras maar hul voorland

  

Healthcare & Mobility Africa en ’n leser verskil oor die verloop van ’n klagte.

Danie van Wyk sê ná ’n onderonsie met Health­care & Mobility Africa was hy omgekrap.

“My vrou het ’n rugoperasie ondergaan en het verskriklik ongemaklik geslaap. Ons het Healthcare & Mobility Africa gevra om ’n bed aan ons te demonstreer. Hierdie bed kan op verskeie maniere verstel word en ons was beïndruk.

“Een ding wat ons gepla het, was dat die matras baie hard gevoel het. Volgens die persoon wat die demonstrasie gedoen het, sou die verstellings wat ons aan die bed kan maak, hiervoor kompenseer.”

Van Wyk en sy vrou het besluit om wel die bed te bestel.

“Die bed is by ons afgelewer. Ongeag wat ons gedoen het, die matras het steeds hard gevoel.

“Healthcare se Jacques Holmes het ons verskeie kere raad gegee oor wat ons kan doen om die bed gemakliker te maak.

Só het ons aangehou stel aan een ding en dan die ander tot ek opgemerk het daar is van die rubberonderdele wat stukkend is. Weer het ons met Holmes kontak gemaak. Hy het ons na Healthcare se kliëntediens verwys. ’n Tegnikus het die stukkende onderdele kom vervang.”

Van Wyk was hierna vir ’n ruk met vakansie.

Pluimpies

Willem Louw sê hy en sy familie het hulle gate uit geniet toe hulle by die ATKV-oord in Klein-Kariba ’n herdenking gevier het.

“Ons was onlangs by Klein-Kariba met ’n familiesaamtrek en ons wil graag die personeel vir die fantastiese diens bedank.

“Als het begin by Lorraine van de Venter wat ons bespreking behartig het. Sy het deurgaans professioneel opgetree.

“Voorts wil ons ook graag Wim de Wet, die oordbestuurder, bedank vir die wyn en eetgoed wat hy aan ons gegee het nadat hy van ons herdenking te hore gekom het.

“Laastens wil ons vir die restaurantpersoneel ’n pluimpie gee, want hul diens is tops.”

“Met ons terugkoms het ons gevind van dieselfde onderdele is weer stukkend. Toe ons Healthcare vir hulp vra, het hulle gesê ’n tegnikus kan ons weer besoek, maar dat ons ongeveer R600 hiervoor sal moet betaal. Ons het ingestem. Die onderdele is gratis vervang.

“Ons het ook aan hierdie tegnikus gesê die matras is te hard. Hy het ’n nota hiervan gemaak en gesê hy sal ’n sagter matras aanvra. Toe hulle uiteindelik na ons toe terugkom, het hulle ons ’n kwotasie vir R28 000 gegee om ’n sagter matras aan ons te verskaf. Ons het Healthcare gevra om ons tegemoet te kom, maar hiervan wou hulle niks weet nie.”

Tot Jou Diens het Van Wyk se klagte vir Health­care & Mobility Africa gestuur. Hulle sê Van Wyk het niks betaal vir die vervanging van die rubberonderdele nie. Voorts sê hulle die eerste wat hulle van enige ongelukkigheid met die matras gehoor het, was ses maande nadat Van Wyk die bed gekoop het.

Volgens Healthcare het hulle ’n klomp ander kliënte met dieselfde matras wat gelukkig daarmee is en dat dit ook dieselfde matras is wat Van Wyk en sy vrou aanvanklik getoets het.

Onder hierdie omstandighede het Healthcare gesê hulle kan nie ’n ander matras gratis aan Van Wyk verskaf nie, maar dat hulle hom korting op ’n nuwe matras sal gee. Van Wyk was nie vir hierdie idee te vinde nie en meen hy gaan nie tot ’n vergelyk met Healthcare & Mobility South Africa kom nie.

Hy het besluit om die saak te laat vaar.

  

MTN lewer nooit haar foon af nie

  

’n Leser het moed opgegee met MTN.

René Cilliers het vir ons geskryf oor ’n probleem wat sy met MTN ondervind het.

“In Mei het ’n derde party my gebel en gesê ek kan my MTN-selfoonkontrak opgradeer. In daardie stadium het ek nog ses maande op my ou kontrak oorgehad.

“Ek het aan die derde party genoem ek het nie tyd om in ’n MTN-winkel te gaan staan om die proses af te handel nie.

“Volgens hulle sou die hele proses telefonies gedoen kan word waarna die kontrak en selfoon vir my gestuur sou word.

“Ek sou binne vyf dae die nuwe foon kry.

In die eerste week van Junie het ek ’n SMS gekry wat sê die nuwe kontrak is goedgekeur. Ek het egter nie soos belowe die foon ontvang nie.”

Cilliers het MTN weer gebel om te hoor waar haar nuwe selfoon is.

“Ek het met ene Delin gepraat en hy het belowe om die probleem op te los.

“Ek wag intussen al drie weke vir hom om ’n plan te maak. Daar is nie woorde om te beskryf hoe ongelukkig ek met die situasie is nie.”

Tot Jou Diens het MTN gevra om ondersoek in te stel. Cilliers sê MTN het die nuwe kontrak gekanselleer en hoewel sy nie heeltemal gelukkig is nie, het sy dit so aanvaar.

  

Misverstand met Gems

  

Tot Jou Diens kon die misverstand tussen ’n leser en Gems oplos.

Dirk Liebenberg het ons gevra om hom met ’n klagte oor die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) te help.

“Ek is ’n baie tevrede lid van Gems. Die dienslewering oor jare was puik, maar onlangs het ’n misverstand met die niebetaling van ’n rekening ontstaan.

“Verskeie skrywes het die laaste maande geen oplossing gebied nie.

“Gems antwoord telkens dat die aangeleentheid aandag geniet, sonder uitsluitsel.

“Ek ontvang dikwels dreigemente van die diensverskaffer wie se rekening nie betaal is nie dat stappe teen my gedoen gaan word. In kort kom dit daarop neer dat Gems beweer die diensverskaffer het sy rekening laat ingedien. Dit is egter nie die geval nie.

“Ek is van mening dat twee diensverskaffers se rekeninge moontlik verwar word.”

Ons het Gems oor Liebenberg se klagte gepols. Hy sê hulle het nou die betrokke rekening betaal.

  

Cartrack hou aan geld aftrek

  

Cartrack het gesloer om ’n leser se kontrak te beëindig.

Martie Liebenberg het by Cartrack ’n bloutjie geloop.

“Ons het ’n voertuig op huurkoop gekoop. “Een van die vereistes van die huurkoopkontrak was om ’n opsporingstoestel te laat installeer.

“Cartrack het ons van hierdie toestel voorsien.

“Ons het intussen hierdie kar verkoop en ’n ander een bekom. Die Cartrack-toestel is na die nuwe motor verskuif.

“Hierdie kar is ook nou verkoop en ons het nie meer die Cartrack-toestel nodig gehad nie.”

Hier is waar Liebenberg se probleme met Cartrack begin het.

“Ons het Cartrack gesê ons wil die kontrak met hulle beëindig, maar hulle het nie opgehou om geld van ons bankrekening te verhaal nie.

“Ons moes verskeie kere bel en steeds is niks aan die situasie gedoen nie. Uiteindelik het Thandele Nonnelu wel bevestig die kontrak is gekanselleer, maar kort hierna het die aftrekkings weer begin. Nou weet ons nie meer wat om te doen nie.”

Ons het Cartrack gevra om kommentaar te lewer. Hulle sê Liebenberg se weergawe van gebeure is nie 100% akkuraat nie en dat hulle gesukkel het om haar in die hande te kry.

Cartrack sê ook hulle verstaan Liebenberg se frustrasie en het die kontrak nou gekanselleer.

Liebenberg sê sy het skriftelike bevestiging van bogenoemde van Cartrack gekry en dat sy nou tevrede is.

  

Ford sukkel om probleem op te los

  

Ford het maar lank gesukkel om ’n leser se motor reg te maak. Foto: Lucas Jackson, Reuters

Pieter Nienaber was nie met Ford se diens tevrede nie.

“Ek het ’n 2016-model Ford Ranger. Toe dit omtrent 5 000 km afgelê het, was daar een van die funksies wat nie meer gewerk het nie.”

Nienaber het sy bakkie na Ford in Secunda geneem om te probeer uitvind wat fout is.

“Nadat my voertuig ’n week by Ford was, kon hulle steeds nie vasstel wat fout is nie.

“Hulle het my bakkie na ’n ander Ford-handelaar verwys, maar ook hier kon hulle nie vasstel wat fout is nie.

“Ford het my darem van ’n leenvoertuig verskaf terwyl ek vir hulle gewag het.

“Met ’n tweede besoek aan Ford in Secunda moes ek weer my bakkie daar los en dié keer het hulle nie ’n leenvoertuig vir my gehad nie.

“Hieroor was ek nie gelukkig nie, maar dis niks in vergelyking met my ongelukkigheid oor die feit dat die probleem met my bakkie nie opgelos word nie.

“Dis nou al 15 000 km verder en steeds weet Ford nie hoe om die fout reg te stel nie.”

Tot Jou Diens het Nienaber se klagte onder Ford se aandag gebring. Hy sê dit lyk of die probleem nou opgelos is.

Meer oor:  Tot Jou Diens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1048,32 (-878)
  • Top 40 50397,19 (12519)
  • All Share 56546,8 (10123)
  • Resource 10 43602,83 (-2210)
  • Financial and Industrial 30 75238,63 (30649)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.