Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tot jou diens
Tot Jou Diens: SAUK sloer om TV-lisensie te skrap

Tot Jou Diens is ’n kampvegter vir verbruikers. Stuur klagtes aan totudiens@beeld.com en onthou om die kontakbesonderhede van die betrokke onderneming in te sluit.

  

SAUK sloer om lisensie te kanselleer

  

Norman Schoonees het vir ons geskryf oor die probleme wat hy met die SAUK ondervind het.

“Ek en my vrou het albei TV-lisensies. Aangesien ons eintlik net een vir die huishouding nodig het, het ons die SAUK gevra om my vrou se lisensie te kanselleer. Die TV waarvoor my vrou ’n lisensie gehad het, was baie oud en ons het al daarvan ontslae geraak.

“Verskeie versoeke aan die SAUK om my vrou se lisensie te kanselleer, het op dowe ore geval.”

Tot Jou Diens het Schoonees se klagte onder die SAUK se aandag gebring. Sy vrou se lisensie is nou gekanselleer en die SAUK het bevestig sy rekening is tot volgende jaar betaal.

  

Old Mutual sloer met uitbetaling

  

Die uitbetaling van ’n Old Mutual-lewenspolis het gesloer.

Gawie Botha het by Old Mutual ’n bloutjie geloop.

“My moeder is in Junie vanjaar oorlede. Sy het twee polisse by Old Mutual gehad. Die een is kort ná haar dood uitbetaal, maar die tweede een nog nie. Ek het wel al die nodige dokumente by Old Mutual ingedien om die betaling aan te vra. Hierdie dokumente is persoonlik by die plaaslike Old Mutual-kantoor ingegee. Van wat ek verstaan, is die dokumentasie toe weggestuur om die proses vir die uitbetaling aan die gang te kry.

“Maande het intussen verloop en die tweede polis is steeds nie uitbetaal nie. Elke keer as ek skakel, word ek dieselfde storie vertel dat die proses nog aan die gang is. Ek verstaan dat die proses deur sekere kanale moet gaan, maar ek sou dink dit moet teen hierdie tyd klaar wees.

Pluimpies

Toffie van Vuuren het vir ons geskryf oor die fantastiese diens wat hy by Binuns, Menlyn Retail Park, Pretoria, gekry het.

“Ons was op soek na ’n toestel waarmee ons aan aartappels wou werk. Drie verkoopsvrou by Binuns het ons gehelp. Die toestel kon nie gevind word nie.

“Die bestuurder het dadelik aangebied om een vir my te kry en met ’n koerier Naboomspruit toe te stuur. Voor ons by Binuns gery het, het hulle in hul stoorkamer gaan kyk of daar nie dalk voorraad van die betrokke artikel is nie en hier is een wel opgespoor. Wat my die meeste van Binuns beïndruk het, was die entoesiasme en bereidwilligheid van die personeel om uit hul pad te gaan om ons te help.”

“Nou wil Old Mutual sekere mediese verslae van my ma van my hê, maar dit verstaan ek nie. My ma het tog elke maand getrou betaal, so die polis moes geldig gewees het en dus dink ek Old Mutual moet nou hul deel doen en betaal.

“Dit voel of ek al honderde oproepe gemaak het en steeds kry ek nie die geld uit Old Mutual nie. Ek het probeer om die saak na hul hoofkantoor te verwys, maar ek kom nie by hulle uit nie. Dis nogal ’n groot som geld en dit is onaanvaarbaar dat ’n eis so lank neem om uit te betaal.”

Tot Jou Diens het Old Mutual gevra om kommentaar op Botha se klagte te lewer. In ’n skrywe aan hom verduidelik hulle wat gebeur het. Hulle sê die betrokke polis is eers later in Botha se moeder se lewe uitgeneem en dus was daar sekere mediese inligting wat ingewin moes word voordat ’n besluit oor die uitbetaling geneem kon word.

Hierdie proses het behels dat Old Mutual met verskeie spesialiste moes kontak maak en daar was dus ’n oponthoud wat buite hul beheer was. Die proses is intussen afgehandel ’n betaling is reeds aan Botha gemaak. Old Mutual het hom om verskoning gevra omdat die proses in hierdie moeilike tyd so lank gesloer het.

Botha het bevestig dat hy die betaling wel ontvang het en dat hy tevrede met die toedrag van sake is.

  

Avis sê kar is nie skoon genoeg

  

Hoe skoon moet ’n huurmotor dan wees?

Louis Louw het vir ons geskryf oor ’n onderonsie wat hy met Avis gehad het.

“Nadat ek ’n motor by Avis gehuur het, het hulle R350 te veel van my kredietkaart verhaal. Volgens hul versoek is die voertuig vol brandstof en skoon by die lughawe in Kaapstad teruggegee.

“Dit sou dus nie vir Avis nodig wees om die motor te was voordat hulle dit weer aan iemand anders kon verhuur nie. Ek moes R2 753 vir die kar betaal, maar Avis het R3 103 van my kredietkaart verhaal. Hulle het die ekstra R350 ingesluit omdat hulle sê die voertuig moes gewas word.

“Ek het Avis gevra om die geld aan my terug te betaal, maar ek het nog nie gehoor of hulle dit wel gaan doen nie.”

Tot u Diens het Avis gevra om ondersoek in te stel. Hulle sê dis belangrik om ’n skoon motor aan ’n kliënt te lewer. Net in uitsonderlike gevalle sal die R350-bedrag teen ’n kliënt se rekening gehef word. In Louw se geval het hulle as gebaar van welwillendheid die bedrag aan hom terugbetaal.

Louw het Avis hiervoor bedank, maar meen steeds hul kliëntediens kan verbeter.

  

Absa-produk nie meer beskikbaar

  

Twee lesers het Absa se diens onbevredigend gevind.

Natie van Vuuren was teleurgesteld oor ’n produk wat hy nie meer by Absa kon kry nie.

“Ek het jare gelede my geldmarkrekening by Absa gesluit. Ek wou onlangs weer so ’n rekening oopmaak, net om te hoor dat Absa nie meer hierdie produk aan kliënte bied nie. Die alternatiewe rekeninge bied baie laer rente. Ek is nie seker wat ek nou moet doen nie.”

Ons het Absa gevra of hulle Van Vuuren kan help. Hulle het hom tegemoet gekom en hy kon wel ’n geldmarkrekening oopmaak.

Van Vuuren sê die aanvangsaldo van R100 000 is nogal hoog, maar dat hy dit bo die ander alternatiewe verkies.

Iemand anders wat nie met Absa se diens tevrede was nie, is Amelia Kruger.

“Ek was ’n rukkie gelede onder skuldberading, maar aangesien ek sedertdien al die bepalings van hierdie proses gevolg het, is ek intussen ‘skoon’ verklaar. Die nodige sertifikaat is aan Absa verskaf om bogenoemde onder hul aandag te bring. Ongeag hiervan is sekere verandering aan my huislening by Absa aangebring. Ek het hulle vir ’n verduideliking gevra, maar hulle kon nie een verskaf nie. In die proses moet ek nou maandeliks ’n ekstra R3 500 opdok en dit terwyl ek ver vooruitbetaal het. Dis hoog tyd dat Absa my verband op datum bring.”

Tot Jou Diens het ook Kruger se klagte onder Absa se aandag gebring. Sy sê Absa het haar gekontak en die nodige is gedoen om haar rekening op datum te bring.

  

Vodacom-aftrekkings ná kontrak

  

Vodacom het ’n leser warm onder die kraag.

Rudi Vos was nie gelukkig met die diens wat hy by Vodacom gekry het nie.

“Ek het in April van diensverskaffer verander, maar steeds het Vodacom geld van my rekening verhaal.

“Ek het hul plaaslike winkel besoek om te hoor wat aan die gang is. Hier het hulle bevestig my kontrak is wel beëindig. Volgens die personeel in die winkel moes ek net wag en dat ’n terugbetaling outomaties aan my gemaak sou word. In pleks daarvan dat ’n terugbetaling gemaak is, is daar vir nog twee maande geld van my rekening verhaal. Hierna het ek met die takbestuurder van die plaaslike winkel gaan praat, maar selfs nadat hy baie moeite gedoen het, was dit nog nie die einde van my probleme nie. Ek het nog ’n klomp Vodacom-nommers gebel om hulp te soek, maar ek het telkens in ’n doodloopstraat geëindig.”

Ons het Vos se klagte vir Vodacom gestuur. Hy sê dit kom voor asof alles nou in orde is en dat hy Tot Jou Diens weer sal kontak indien dit sou nodig wees.

Meer oor:  Tot Jou Diens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.