Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tot jou diens
Tot Jou Diens: Verkoopsman ‘druk foon dood’

Tot Jou Diens is ’n kampvegter vir verbruikers. Stuur klagtes aan totudiens@beeld.com en onthou om die kontakbesonderhede van die betrokke onderneming in te sluit.

  

Samsung-lugversorger gee probleme

  

Marc Beetge het vir ons ’n brief gestuur om oor Samsung se diens te kla.

“Ek het ’n Samsung-lugversorger vir een van die kamers in my huis bekom. Reg van die begin af was daar probleme met die aan- en afskakel van hierdie toestel. Verlede jaar het die probleme vererger en ek het Samsung vir hulp gevra.

“Vir die volgende jaar was dit een kant toe en dan die ander, maar die probleme het voortgeduur. Teen Julie vanjaar was die lugversorger nog nie reg nie en ek het alle vertroue in die spesifieke eenheid verloor. Ek het Samsung gevra om dit met ’n ander een te vervang, maar volgens hulle is die herstelwerk tot op daardie punt as welwillendheid van hul kant af gedoen.

“Ek was onder die indruk die lugversorger is nog onder waarborg. Die laaste wat ek van Samsung gehoor het, is die betrokke kamer is volgens hul tegnici te groot vir hierdie model, maar dis beslis nie die geval nie. Ek is glad nie gelukkig nie.”

Ons het Samsung gevra of hulle Beetge kan help. Hulle het onderneem om hom vir die aankoopprys van die lugversorger te vergoed.

  

Vies oor kapitaalbedrag krimp

  

Klaas Koen het ons gevra om hom met ’n klagte oor Standard Bank te help.

Pluimpies

Koos van Zyl het ’n kompliment vir Mercedes Centurion.

“Ná drie besoeke vir verskillende redes aan Mercedes Centurion moet ek al die personeel van hierdie handelaar gelukwens met hul fantastiese diens. Ek wil graag Christo Viljoen en Karen Boshoff op die naam noem as persone wat my met hul vriendelike diens beïndruk het.

“Ek het nog nooit ’n personeellid by hierdie handelaar raakgeloop wat nors lyk of op enige manier onhulpvaardig is nie. Met my laaste besoek aan hulle moes ek ’n bietjie langer as gewoonlik vir my voertuig wag en terwyl ek wag, het hulle sommer vir my ontbyt voorgesit. Baie dankie aan julle almal.

“Ek het ’n eenmalige uitbetaling van my pensioenfonds gekry wat ek in 2007 by Standard Bank belê het. Ek het elke maand R1 200 se rente op hierdie bedrag verdien. In 2012 het Standard Bank my gekontak om hierdie geld weer te belê. My spesifieke instruksie aan die Standard Bank-konsultant was dat die kapitaalbedrag nie geraak moet word nie. Ek was dus gelukkig met wat ek elke maand uitgekry het. My versoek was ook om my geld in ’n laerisikofonds te belê.

“Ten spyte hiervan is my geld belê in ’n fonds wat aan die aandelemark gekoppel is. Teen Augustus vanjaar het Standard Bank my in kennis gestel my kapitaalbedrag is nou net R137 000. Standard Bank en hul konsultant het geld gemaak, maar nie ek nie.

“Ek voel dis heeltemal onregverdig aangesien die konsultant nie my opdrag aan hom gevolg het nie. Ek het inderwaarheid nie eens ’n verskoning van Standard Bank gekry nie.”

Tot Jou Diens het Standard Bank gevra om kommentaar te lewer. Hulle sê hul konsultant het met Koen se besoek hom met finansiële beplanning gehelp. Koen is ook by hierdie geleentheid gevra om sekere dokumentasie te voltooi. Volgens die inligting wat Koen aan Standard Bank verskaf het, is sy geld in ’n konserwatiewe fonds belê.

Daar was egter steeds risiko’s aan die belegging betrokke wat aan Koen verduidelik is. Standard Bank sê daar was uiteindelik net een opsie om aan Koen se vereistes vir rente-opbrengs te voldoen. Hoewel Koen meen hy het ’n verlies gely, sê Standard Bank hy het inderwaarheid oor die vyfjaarperiode meer as R215 000 op sy aanvanklike R200 000 teruggekry. 

Koen sê hy waardeer Standard Bank se terugvoering en het hul verduideliking aanvaar.

  

Eienaar wag vergeefs vir huurgeld

   

Dawie Davis was nie gelukkig met Aïda Klerksdorp se diens nie.

“Aïda in Klerksdorp het die uithuur van my huis in Stilfontein behartig. Die huurder het egter nie sy huur betaal nie en ook ’n groot munisipale rekening agtergelaat nadat Aïda hulle uitgeskop het.

“Aïda het die huurder deur hul prokureurs vir die uitstaande geld gedagvaar. Van wat ek gehoor het, betaal die huurder wel elke maand ’n bedrag terug, maar ek het sover nog net een betaling van Aïda ontvang. Ek het Aïda al verskeie kere in e-pos gevra hoekom ek nie betalings ontvang nie. Hulle maak baie beloftes, maar ek kry niks nie.”

Ons het Aïda oor Davis se klagte gepols. Hulle sê die laaste betaling wat hulle van die huurder ontvang het, was in Maart vanjaar en dat verdere regstappe teen hom gedoen sal word. Ongelukkig sê hulle as die huurder nie die skuld kan betaal nie, sal die verliese vir Davis se rekening wees.

Davis meen Aïda se kommunikasie aan hom kon beter gewees het.

  

Verkoopsman ‘druk foon dood’

  

Gert Friedlander is baie ongelukkig oor die diens wat hy by RR Motors, Montana, Pretoria, gekry het.

“Ek het ’n voertuig by RR Motors gekoop. My ou kar het ek terselfdertyd ingeruil. Ná ontvangs het ek en ’n vriend ’n paar klein foutjies op die nuwe motor herstel, maar ek moes dit na RR Motors terugneem omrede die 4x4 nie gewerk het nie. Ek het ’n afspraak met die verkoopsman probeer maak, maar hy het dit herhaaldelik uitgestel. Toe ek uiteindelik die nuwe kar by hulle kon los, moes ek met ’n leenvoertuig huis toe gaan.

“Daar was geen taal of tyding oor wat gedoen gaan word nie en ek het RR Motors gevra om liefs die transaksie te kanselleer en my ou voertuig aan my terug te gee. Die verkoopsman maak elke keer verskonings vir hoekom dit nie gedoen kan word nie of hy druk die foon dood as hy sien dis ek wat bel.”

Tot Jou Diens het Friedlander se klagte vir RR Motors gestuur. Hulle sê Friedlander het verskeie kere sonder ’n afspraak by hulle opgedaag en dat die 4x4 van die betrokke motor wel herstel is. RR Motors meen Friedlander het ’n ander ryding bekom en wou om hierdie rede die transaksie kanselleer. Hulle het aangebied om die voertuig wat hy by hulle gekoop het namens hom te verkoop en sodoende sy geld vir die transaksie terug te kry. Ten slotte sê RR Motors ’n wettige transaksie is met Friedlander aangegaan en dat hulle onder geen verpligting is om die transaksie te kanselleer nie.

Friedlander is steeds nie gelukkig nie.

  

Dis dan verkeerde grootte band!

  

Willem Delport se skrywe aan ons was oor die diens van Hi Q Booysens, Johannesburg.

“Ek het verlede maand ’n band by Hi Q gaan koop. Ek het die verkoopsman gesê wat ek nodig het en die wiel by hulle gelos. My kantoor is net oorkant die straat van Hi Q af en hulle het later die wiel vir my gebring. Ek het egter gemerk die verkeerde grootte band is opgesit. Ek het Hi Q besoek en van die probleem ingelig, maar hulle weier botweg om die fout reg te stel. Hulle het beslis nie vir my gegee waarvoor ek gevra het nie en ek is glad nie gelukkig met die stand van sake nie.”

Ons het Hi Q vir hul kant van die saak gevra. Hulle sê hulle het wel aan Delport verskaf waarvoor hy gevra het en dat sy voertuig nie in hul werkswinkel was sodat hulle kon oordeel of die regte band gebruik word nie. Hoe dit ook al sy, het Hi Q gesê Delport is meer as welkom om die betrokke band vir ’n ander een te kom omruil.

Delport sê hy het reeds die regte band gekry.

  

Fidelity maak leser kwaad

  

Miriam Joubert het vir ons geskryf oor ’n onderonsie wat sy met Fidelity se wagte by ’n OTM in Groblersdal gehad het.

“Ek was onlangs by ’n plaaslike OTM om geld te onttrek. Daar was reeds ’n paar mense wat vir dié masjien gewag het. Net voordat dit my beurt was om die OTM te gebruik, het Fidelity se wagte hul opwagting daar gemaak. Hulle het summier die deure van die OTM oopgemaak en die mense wat gewag het om dit te gebruik begin wegjaag. Ek het egter voor die masjien posisie ingeneem en met ’n transaksie begin.”

Joubert het soos sy besig was van iemand agter haar bewus geword.

“Een van die Fidelity-wagte het regs agter my gestaan. Ek het vir hom gesê hy het geen reg om daar te wees nie. Sy reaksie het my verbaas. Hy het gesê ek moet dadelik klaarmaak en padgee. Ek het vir hom gesê sy werk sal moet wag totdat ek klaar is. Volgens hom was die masjien egter leeg en sou ek nie geld kon trek nie. Snaaks genoeg het die persoon reg voor my wel geld getrek. Hierna het hierdie wag op my geskree en my kaart uit die OTM probeer pluk. Ek het my man probeer staan, maar vir ’n vrou van 70 was die wag nogal intimiderend.

“’n Entjie verder het nog een van sy kollegas met ’n groot geweer gestaan en die hele storie aanskou, hoewel hy nie ’n woord gesê het nie.

“Daar was nog iemand wat gewag het om die masjien te gebruik en hy het gesê hy gaan die polisie bel. Die weerbarstige wag se kollega het die situasie ontlont, maar nie voordat die eerste wag ’n paar gekruide woorde in my rigting gemik het nie. Ek het met die hulp van die ander persoon wat die OTM wou gebruik Fidelity gekontak en verduidelik wat gebeur het. Die persoon met wie ek gepraat het, het gesê die saak sal na ’n bestuurder deurgegee word waarna terugvoering aan my gegee sal word. Daar het niks van hul belofte gekom nie en ek wag steeds vir ’n verduideliking. Ek dink Fidelity se optrede is baie teleurstellend.”

Tot Jou Diens het Fidelity gevra om kommentaar te lewer. Hulle sê die betrokke wag se optrede was onaanvaarbaar en hulle het Joubert om verskoning gevra vir wat gebeur het.

Joubert het Fidelity se verskoning aanvaar.

    
Wenke wat werk: Beplan slim vir aftrede

Greg Visser, senior finansiële raadgewer by FPM Risk and Wealth Management, sê beplanning vir ’n mens se aftrede het oor die jare verander.

“Die beplanning vir ’n mens se aftrede is deesdae ook die beplanning vir ’n verandering van jou leefstyl,” sê Visser. “In die verlede het ’n mens se lewenskoste afgeneem wanneer jy aftree. Mits jy behoorlik beplan het, behoort jou uitgawes vir jou mediese fonds deesdae die duurste item op jou begroting te wees.”

Volgens Visser het sorgeenhede vir verswakte persone ’n algemene verskynsel geword en daar is dikwels ’n verrassing vir persone in terme van koste wanneer hulle plek soek by ’n aftreeoord met so ’n sentrum. Hierdie is koste wat ’n mens in gedagte moet hou vir die dag wanneer jy wil aftree. So ook kan daar ander mediese uitgawes wees waarvoor jy sal moet pa staan as jou fonds dit nie betaal nie, waarvoor jy ook moet beplan.

“Dis duidelik dat namate ’n mens ouer word, jy vir hoër mediese koste moet beplan,” sê Visser. “My raad is om professionele raad in te win om behoorlik vir jou aftrede te beplan.

Meer oor:  Tot Jou Diens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1045,57 (1578)
  • Top 40 50219,76 (2284)
  • All Share 56381,29 (8265)
  • Resource 10 43075,79 (10792)
  • Financial and Industrial 30 75226,26 (1943)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.