Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tot jou diens
Tot Jou Diens: Vodacom klou aan sy nommer

Tot Jou Diens is ’n kampvegter vir verbruikers. Stuur klagtes aan totudiens@beeld.com en onthou om die kontakbesonderhede van die betrokke onderneming in te sluit. 

Yskas gee probleme

Chris Basson het ’n klagte oor DionWired vir Tot u Diens gestuur.

“Ek het verlede jaar tydens die Swart Vrydag-uitverkoping ’n yskas by DionWired gekoop. Ek het deurnag in ’n ry gestaan om ’n goeie prys te kry en het teen 05:30 die oggend vir die yskas betaal.”

Basson is ’n paar dae later na die winkel terug om sy yskas te gaan haal.

“DionWired het nie die yskas beskikbaar gehad nie en dit nadat hulle gesê het hulle het wel genoeg voorraad. DionWired het hul verskaffer die skuld vir die situasie gegee en gesê ek moet in ’n later stadium weer terugkom.

“Drie weke later was ek weer daar en steeds kon hulle nie die yskas aan my lewer nie. Soos voorheen is die verskaffer die skuld gegee.

“DionWired het wel ingestem om die yskas by my te kom aflaai of ek is die opsie gebied om die transaksie te kanselleer. Dit was egter ’n winskopie en ek wil nie die transaksie kanselleer nie. Intussen word die datum waarop ek die yskas gaan kry net aangeskuif en aangeskuif.”

Tot Jou Diens het Dion­wired op Basson se klagte bedag gemaak. Die yskas is intussen by hom afgelewer.

Telkom hou nie woord aan jarelange kliënt 

Carl Muller se klagte aan ons het oor Telkom gehandel.

“Ek is ’n jarelange Telkom-kliënt. Hulle verskaf my telefoon- en internetlyn. In Desember het die probleme begin nadat ek ’n aanbod van hulle aanvaar het om na ’n vesellyn te skuif. Ek het Telkom versoek om die nuwe lyn te installeer terwyl ek op vakansie is.”

Op vakansie het Muller ’n SMS van Telkom gekry om te sê hulle sal met die installasie voortgaan.

“Telkom het nie woord gehou nie. Toe ek ná my vakansie by die huis kom, was die vesellyn nog nie geïnstalleer nie. Hulle het wel ’n afspraak vir ’n dag later met my gemaak om die nuwe lyn te kom insit.

“Ek was die hele dag by die huis, maar niemand van Telkom het opgedaag nie. Nadat ek Telkom weer gekontak het, het hul tegnikus wel op ’n Saterdag hier opgedaag.

“Hy het nie genoeg tyd gehad om die installasie te voltooi nie en het gesê hy sal die Maandag terugkom. Ek het gevra dat hy eerder die Dinsdag moet kom, maar hy het nie opgedaag nie.

Pluimpies

Juliette van der Merwe praat met lof van die diens van Honda Motors se onderdele-afdeling in Rustenburg.

“Johan Coetsee en ’n tegnikus van Honda Motors het baie moeite gedoen om my in die Desembervakansie te help.

“Dit was moeilik om die nodige onderdele vir my motor te bekom, maar danksy Johan was my motor, my enigste motor, gou weer op die pad.

Ek is Johan en die res van die personeel van Honda Motors opreg dankbaar vir wat hulle vir my gedoen het.”

“’n Dag later het verteenwoordigers van ’n derde party hier opgedaag en gesê hulle sal die installasie die volgende week voltooi. Ek het toe ook ’n boodskap van Telkom gekry om te sê ek moet by die plaaslike winkel ’n draai gaan maak om die installasie te bevestig. Ek het so gemaak, maar die personeel was onbehulpsaam .

“Hierna het ek weer Telkom se diensafdeling gebel en by iemand uitgekom wat probeer help het. Nog iemand het gebel om te sê hy gaan die vesellyn kom insit.

“Hy het wel hier kom werk, maar in die proses ’n waterpyp stukkend geslaan, wat die munisipaliteit darem kom herstel het. Die nuwe lyn is aanvanklik net gedeeltelik ingesit, maar is darem ’n paar dae later aan die werk gekry.

Ongelukkig was dit nie lank voordat ek nie meer op die internet kon kom nie. My telefoonlyn was ook dood. Ek het die probleem by Telkom aangemeld, maar nadat ek talle kere opgevolg het, is daar nog geen herstelwerk hier gedoen nie.”

Tot Jou Diens het Telkom se aandag op Muller se klagte gefokus. Hy sê ’n tegnikus het intussen die nodige herstelwerk gedoen om sy internet en telefoon weer aan die gang te kry.

DSTv-Tydskrif nie afgelewer nie

Wille Venter het by MultiChoice ’n bloutjie geloop.

“Ek sukkel die laaste paar maande met die aflewering van my DStv-tydskrif. Ek het probeer uitvind wat aan die gang is, maar ek is steeds nie seker hoekom die tydskrif nie meer afgelewer word nie.”

Tot Jou Diens het MultiChoice gevra om ondersoek in te stel. Hulle sê daar was ’n fout met Venter se adres op hul stelsel. Hierdie fout is reggestel. Voorts noem hulle net Premium-kliënte wat 55 of ouer is, kry nog die DStv-tydskrif.

Vodacom klou aan sy nommer

Sakkie Burger het ons gevra om hom te help om sy klagte met Vodacom op te los.

“Ek het al sedert 1998 dieselfde selfoonnommer. My foon is my eie en ek het in Desember ’n versoek aan Vodacom gerig om my nommer na ’n ander diensverskaffer oor te dra. My eerste versoek het ek self by een van hul winkels ingedien, maar die personeel by die betrokke winkel kon my nie help nie.”

Burger het besluit om Vodacom se kliëntediens te bel.

“Ek is van een afdeling na die ander verwys sonder dat my nommer oorgedra is. Ná ’n lang gesukkel het ek ’n SMS van Vodacom gekry om te bevestig my versoek is wel ontvang.

“’n Hele aantal weke later was my nommer steeds nie oorgedra nie en wou ’n verteenwoordiger van Vodacom my op ’n kontrak inteken. Omtrent ’n week later was my foon geblok. Ek is nou redelik keelvol vir die hele storie.”

Ons het Burger se klagte vir Vodacom gestuur. Sy nommer is intussen na die ander diensverskaffer se netwerk oorgedra.

Nico van der Merwe het ook ’n klagte oor Vodacom vir ons gestuur.

Ondanks my versoek het ek weer in Januarie ’n rekening vir datagebruik van hulle gekry.

“Vodacom het my gekontak en gesê ek is ’n goeie kliënt en dus kwalifiseer ek vir ’n internettoestel. Ek het gesê dis in die haak mits daar nie enige koste daaraan betrokke is nie.”

Van der Merwe het Vodacom vir skriftelike bevestiging van hul aanbod gevra voordat hy finaal daartoe instem.

“Voordat ek die skriftelike bevestiging ontvang het, het Vodacom al die toestel by my afgelewer. Ek het hulle dadelik gesê om dit weer te kom haal, maar hulle wou niks hiervan weet nie. Hul verweer was dat ek telefonies ’n bindende kontrak vir die toestel aangegaan het.”

Tot Jou Diens het ook Van der Merwe se klagte onder Vodacom se aandag gebring. Hy sê hulle was intussen weer met hom in aanraking en ’n bevredigende oplossing is gevind.

’n Derde leser wat met Vodacom koppe gestamp het, is Neels Badenhorst.

“Ek het so ses maande gelede besluit om my kontrak met Vodacom te beëindig. My kontrak het in Desember verstryk en ek het Vodacom laat weet ek wil nie met die kontrak voortgaan nie.

Ondanks my versoek het ek weer in Januarie ’n rekening vir datagebruik van hulle gekry. Ek het Vodacom gebel en weer mooi aan hulle verduidelik dat ek nie met die kontrak wil voortgaan nie.

“Die konsultant waarmee ek gepraat het, het geen kennis gedra van my vorige versoek om die kontrak te kanselleer nie. Hy het wel ’n aantekening van my versoek gemaak en ek het ’n verwysingsnommer by hom bekom.

“Aan die begin van Februarie het ek weer oor die aangeleentheid met Vodacom kontak gemaak net om te hoor my kontrak is met nog twee jaar verleng.

Hulle het belowe iemand in hul regsafdeling sal met my in verbinding tree, maar ek wag steeds vir hierdie beloofde terugvoering.”

Tot Jou Diens het Vodacom gevra om Badenhorst te help. Hulle het hom gekontak en sy versoek is nou afgehandel.

Edgars reageer nie op navrae

Jacques Cillie meen Edgars se diens kan baie verbeter. “Ek het nege maande gelede ’n selfoon by Edgars in Kuilsrivier bekom.

“Dit het onlangs probleme ontwikkel. Dit maak onder meer sommer op sy eie oproepe, soms wil dit nie afskakel nie of dit stuur boodskappe sonder dat ek daarvoor gevra het.

“Ek het oor die betrokke foon begin navraag doen en ek het by verskeie plekke gehoor dis basies ’n swak belegging. Ek wil graag hê Edgars moet iets omtrent die saak doen, maar sover het ek nie hulp van hulle gekry nie.”

Ons het Edgars gevra om op Cillie se skrywe te reageer, maar ná verskeie pogings het ons nog nie antwoorde gekry nie. Cillie sukkel voort en sê hy is nou totaal moedeloos met sy selfoon.

Absa los haar sonder warm water

  

Marisca Lombard het by ons vir hulp kon aanklop nadat sy by Absa vasgebrand het.

“Ek het ’n waterverhitter wat met sonpanele werk. Sedert middel Desember werk dit nie meer nie.

“Ek het die probleem onder Absa-versekering se aandag gebring en gereeld opgevolg, maar tot op hede is my waterverhitter nog nie herstel nie. Dis nou al meer as ’n maand wat ek sonder die gebruik van my waterverhitter oor die weg moet kom.

“Ek is nie seker wat die probleem aan Absa se kant is nie.”

Ons het Absa oor Lombard se klagte gepols. Hulle het met haar in aanraking gekom en ­reëlings getref om haar waterverhitter te herstel. Sy het laat weet alles is nou weer in orde.

Wenke wat werk

Die Raad op Finansiële Diensteraad (FSB) het waarskuwings uitgereik aan mens wat dit oorweeg om van die volgende maatskappye se dienste gebruik te maak:

MD Funds. Volgens inligting wat die FSB bekom het, het MD Funds advertensies op Facebook geplaas waarin hulle daaglikse opbrengste van tussen 0,75% en 1,5% aan kliënte beloof. Geld kan dan op ’n maandelikse grondslag onttrek word. Enigiets van R10 000 tot R250 000 kan op ’n slag by MD Funds belê word, maar die FSB sê MD Funds is nie geregistreer om finansiële dienste te lewer nie.

Stockpair.net. Hierdie maatskappy het volgens hul webwerf takke in Estland en Belize, maar is nie geregistreer om in Suid-Afrika finansiële dienste te lewer nie. Die FSB het van ’n geval te hore gekom waar ’n persoon nie geld wat by Stockpair.net belê is, kon terugkry nie.

DMD Capital en Profit Trading. Ntokozo Ndlovu het onder hierdie twee name sake gedoen, maar die FSB het sy lisensie reeds in September 2016 opgeskort.

Capital Loans. Soos met die bogenoemde instansies is Capital Loans nie geregistreer om finansiële dienste in Suid-Afrika te lewer nie. Nogtans bied hulle verskeie soorte lenings aan verbruikers.

Voordat jy finansiële dienste by ’n maatskappy bekom, maak seker of dit by FSB geregistreer is. Kontak hulle by 0800 110 443 of besoek hul webwerf by fsb.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.