Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Muntslim
Dokters, tandartse gevra om plan teen te staan

Twee verenigings wat onderskeidelik dokters en tandartse verteenwoordig, het ’n dringende beroep op hul lede gedoen om Saterdag op ’n byeenkoms van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) vir sy ontknoping te vra.

Die RGB vergader Saterdagoggend om 09:30 by die Universiteit van Pretoria met belangegroepe.

Die RGB is gestig om die opleiding en registrasie van gesondheidspraktisyns wat kragtens die Wet op Gesondheidsberoepe moet registreer, te beheer. Die RGB hou oor 12 beroepsrade toesig wat vir die registrasie van die verskillende praktisyns verantwoordelik is.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) en die Suid-Afrikaanse Tandartsvereniging (Sada) doen in ’n gesamentlike verklaring ’n dringende beroep op hul lede om hier die “gesamentlike standpunt van die twee verenigings te bepleit dat die RGB in minstens twee entiteite opgebreek moet word”.

Volgens hulle stem dit ooreen met die aanbevelings van ’n ministeriële taakspan van 2015 wat klagtes oor die RGB ondersoek het.

LEES OOK: Dokters se klagtes oor mediese raad ondersoek

Die taakspan het destyds gesê: “Dit is tyd om die ontknoping van die RGB te oorweeg en om nuwe beroepsrade vir die groot beroepe onder een dak te skep, soos met die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging en die Suid-Afrikaanse Aptekersraad die geval is.”

In die taakspan se verslag wat in Oktober 2015 uitgereik is, is verwys na hoeveel klagtes ten opsigte van wanadministrasie en ongerymdhede oor die RGB ontvang is.

Dit het gelei tot ’n ondersoek wat onlangs deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) van stapel gestuur is.

“Sowel Sada as Sama ondersteun die bevindinge van die taakspan dat die RGB in ’n toestand van totale ineenstorting is en so erg wanfunksioneel is dat hy nie sy mandaat ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe kan uitvoer nie.”

Sowel Sada as Sama ondersteun die bevindinge van die taakspan dat die RGB in ’n toestand van totale ineenstorting is en so erg wanfunksioneel is dat hy nie sy mandaat ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe kan uitvoer nie.

Die twee verenigings wil hê die RGB moet in minstens twee entiteite opgedeel word – ’n raad vir dokters en tandartse en ’n raad vir die res van die gesondheidsberoepe.

In die verslag van die taakspan is destyds gesê die struktuur en stelsels van die RGB is gegrond op dié van die oorspronklike Mediese en Tandheelkundige Raad wat 20 000 lede gehad het. Dit is nie gepas vir die huidige situasie met meer as 200 000 geregistreerdes nie.

Algemene praktisyns en tandartse val tans saam onder die raad op mediese, tandheelkundige en mediese wetenskap.

Volgens die verenigings is daar ’n voorstel op die tafel om die beroepsraad vir mondhigiëniste, tandheelkunde terapeute en assistente saam te smelt met die raad op mediese, tandheelkundige en mediese wetenskap.

“Die twee verenigings is heftig gekant teen die samesmelting en is van mening dat die voorstel gebrekkig is en nie die sistemiese kwessies wat in die taakspan se verslag geopper is, hanteer nie.

“Albei verenigings glo die samesmelting gaan die werking van die RGB verder verswak.”

Die verenigings het ook gesê sedert 2015 is geen verbetering in die funksionering van die RGB gesien nie.

“Dit is dalk kort kennisgewing, maar albei verenigings is van mening dat die belange van sy lede en die publiek beter gedien sal word as die aanbeveling oor ontknoping gevolg word soos deur die taakspan voorgestel is.”

Die byeenkoms duur van 09:30 tot 15:00 by die Universiteit van Pretoria in lesingsaal 4-27 van die fakulteit van gesondheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.