Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Muntslim
Inenting raak nie jou premie vir mediese fonds

Mediesefondslede wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, se premies gaan nié hoër as dié van ander wees nie.

So sê die Raad vir Gesondheidsorgfinansierders.

Dit kom nadat die lewensversekeraar Discovery Life verlede week gesê het mense wat nie ingeënt is nie, gaan ’n hoër premie betaal, net soos wat rokers meer betaal. Dit geld net nuwe polisse.

LEES OOK: As jy entstof weier, is premie hoër – Discovery Life

Verskillende wetgewing geld vir versekeraars as vir mediese fondse, wat dit moontlik maak dat versekeraars premies kan aanpas op grond van ’n persoon se risiko.

Volgens dr. Rajesh Patel van die Raad vir Gesondheidsorgfinansierders verbied wetgewing dat mediesefondslede se gesondheidsrisiko hul premie beïnvloed.

“Wetgewing laat mediese fondse nie toe om te diskrimineer teen lede wat kies om nie ingeënt te word nie.”

Art. 29 van die Wet op Mediese Skemas stel dit duidelik dat mediese fondse nie op grond van onder meer ouderdom, geslag, die huidige of voormalige gesondheidstatus van ’n lid of sy afhanklikes mag diskrimineer nie.

Die bepaling van bydraes is gegrond op die inkomste van ’n lid of die getal afhanklikes, of albei.

Patel sê lidmaatskap mag volgens die wet ook nie geweier word nie.

Die enigste uitsondering is by geslote mediese fondse wat lidmaatskap kan beperk op grond van iemand se beroep.

Hy sê lede word wel aangemoedig om hulle te laat inent om die effek van Covid-19 tot die minimum te beperk. Die mikpunt vir groepsimmuniteit is om 67% van die bevolking in te ent.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.