Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
1 dood in mynongeluk by Springs

’n Ongeluk by ’n myn by Springs in Gauteng het die lewe van een persoon geëis.

In die ongeluk Vrydag by die Gold One Modder-Oos-myn het ’n mynskraper ’n mynwerker verbrysel, luidens ’n ongevalle-kennisgewing wat News24 onder oë gehad het.

Die mynwerker se lyk is intussen verwyder en aan die polisie oorhandig.

Die departement van minerale bronne en energie het die voorval bevestig.

Ayanda Shezi, woordvoerder van die departement, het aan News24 gesê die ongeluk word ondersoek ingevolge die Wet op Myngesondheid en -veiligheid. “Dit is te vroeg om nou te bespiegel oor wat die ongeluk veroorsaak het.”

’n Bron met kennis van dié myn sê die werknemer sal nie as ’n noodsaaklike werknemer kwalifiseer kragtens die inperkingsregulasies nie.

Die departement kon dit egter nie bevestig nie.

Die departement het wel riglyne aan myne gegee oor hoe om die risiko van verspreiding van die koronavirus te beperk. Dit sluit onder meer in ’n kleiner getal werknemers per skof en wanneer hulle vervoer word.

Mynbedrywighede is wesenlik afgeskaal, veral ten opsigte van diepmynbou, waaronder die goud-, chroom- en mangaanmyne.

Slegs noodsaaklike dienste, waaronder veiligheid en verwante infrastruktuur, instandhouding, die pomp van water, verkoeling en ventilasie duur voort.

Die enigste myne wat vrygestel is, is dié wat noodsaaklik is vir energieproduksie, soos myne wat steenkool aan Eskom lewer.

Daar is tans drie bevestigde gevalle van infeksie met die koronavirus in die myn- en die energie-sektor – een geval elk in Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap.

Meer oor:  Mynbou  |  Mynsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.