Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
17 reeds vanjaar in myne dood

Tot dusver is 17 werkers vanjaar in Suid-Afrikaanse myne dood, sê die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA).

’n Mynwerker besig met boorwerk. Foto: Bloomberg

Dit is beduidend minder as die 35 sterftes teen Junie 2018. In die hele 2018 is 81 mynwerkers in Suid-Afrikaanse myne dood.

In 2017 is altesame 90 mynwerkers dood, met 73 wat in 2016 in mynongelukke gesterf het.

Dit sluit nie die sterftesyfer van onwettige mynwerkers in nie.

Die mynbedryf het dus nog ’n lang pad om sy doelwit van geen beserings en/of sterftes te bereik.

Die MRSA het saam met sy lede en verskeie ander belanghebbendes verlede jaar groot planne bekend gemaak om mynveiligheid te verbeter.

Roger Baxter, uitvoerende hoof van die MRSA, het in Augustus met die bekendmaking van die raad se veiligheidsveldtog gesê die hoë sterftesyfer is onaanvaarbaar.

“Daar was ’n toename in sterftes weens rotsstortings en seismiese gebeure. Ons het ’n spesiale taakspan saamgestel om oplossings te vind.”

Meer oor:  Mineraleraad Van Suid-Afrika  |  Myne  |  Sterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.