Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
3 hoës van Rio Tinto bedank ná grotte-skandaal

Drie topbestuurders van die mynreus Rio Tinto het Vrydag bedank nadat twee grotte van groot historiese en kulturele belang vir die Australiese inboorlinge in Mei vernietig is.

Rio Tinto ontgin onder meer ystererts in Australië. Foto: Bloomberg

Die grotte in die Juukan-ravyn was in die Pilbara-streek van die deelstaat Wes-Australië, wat ryk aan ystererts is.

In die grotte was tekens van deurlopende menslike verblyf wat tot 46 000 jaar gelede dateer, asook ’n stuk gereedskap uit ’n dier se been wat 28 000 jaar oud is en ’n gordel van van gevlegde menshare wat nagenoeg 4 000 jaar oud is, volgens die BBC.

Die grotte was bo sowat 8 miljoen ton hoëgraad-ystererts met ’n geraamde waarde van 132 miljoen Australiese dollar.

Rio Tinto is ná BHP die wêreld se tweede grootste mynmaatskappy. Die groep het bedrywighede in veral Australië en Latyns-Amerika en ontgin onder meer ystererts, koper, diamante, goud en uraan. Die maatskappy is in Londen en Sydney genoteer en het sy hoofkantoor in Londen.

Jean-Sebastien Jacques, uitvoerende hoof, Chris Salisbury, hoof van die afdeling vir ystererts, en Simone Niven, hoof van korporatiewe betrekkinge, verlaat die maatskappy, het die direksie in ’n verklaring aangekondig.

Jacques bly egter tot 31 Maart 2021 in sy pos of totdat ’n opvolger gevind kan word, wat ook al eerste gebeur.

Die ander twee verlaat hul poste op 31 Desember. Die maatskappy het ook ander skuiwe op sy direksie aangekondig in ’n poging om onafhanklike stemme op die direksie te versterk.

Die drie is verlede maand van hul bonusse ter waarde van miljoene pond gestroop. Jacques se bonus vir vanjaar is met £1,7 miljoen verminder en hy is sy langtermynbonus van £1 miljoen kwyt, terwyl Salisbury £1,1 miljoen se bonus verloor het en Niven £525 000 s’n.

Dié stappe het aktivistiese aandeelhouers egter glad nie tevrede gestel nie en hulle het geëis dat koppe moet rol.

Die maatskappy het voorheen in ’n verklaring gesê hy het wel “wetlike magtiging” gehad om die grotte op te blaas, maar dat daar etiese probleme in die besluitneming en gebrekkige interaksie met gemeenskappe oor minstens tien jaar was.

Simon Thompson, voorsitter van Rio Tinto, sê in Vrydag se verklaring dat wat in Juukan gebeur het, was verkeerd. “Ons is vasbeslote om te verseker dat die vernietiging van ’n erfenisgebied van so ’n buitengewone argeologiese en kulturele belang nooit weer in ’n Rio Tinto-bedrywigheid gebeur nie. Ons is ook vasbeslote om die vertroue van die Puutu Kunti Kurrama- en Pinikura-volke en ander tradisionele eienaars terug te wen.”

DNS-toetse op die artifakte wat in die grot gevind is, kan regstreeks met dié twee volke verbind word, berig die BBC.

Australië se parlement ondersoek tans Rio Tinto se optrede.

Meer oor:  Rio Tinto  |  Australië  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.