Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
8,3% van getoetste mynwerkers het reeds Covid-19
Volgens die Mineraleraad van Suid-Afrika was sowat 200 000 uit die 450 048 mynwerkers in die land al in Mei terug by die werk. Foto: Getty Images

Daar is dalk ’n tydbom van infeksies onder mynwerkers in die land nadat die jongste toetse daarop aandui dat ’n enorme persentasie van mynwerkers reeds Covid-19 opgedoen het.

Daar is nou amptelik 384 gevalle van Covid-19 onder mynwerkers, het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Vrydag gesê, maar nog net ’n paar duisend werkers is al getoets, wat beteken talle meer is dalk siek.

Myne het sedert Donderdag nog net meer as 4 600 toetse gedoen. Dit beteken ’n koers van 8,3% positiewe gevalle onder dié mynwerkers wat reeds getoets is.

Daarbenewens was nie alle mynwerkers onder vlak 4 van die staat van inperking reeds terug by die werk nie.

Volgens die Mineraleraad van Suid-Afrika was sowat 200 000 uit die 450 048 mynwerkers in die land al in Mei terug by die werk.

Dit beteken net 2,3% van die mynwerkers wat in Mei gewerk het, is al getoets.

Indien 8,3% van die getoetste mynwerkers wel die virussiekte opgedoen het, beteken dit dat daar in werklikheid al 16 600 gevalle van Covid-19 in die mynbedryf kan wees.

Dié syfer kan noemenswaardig styg wanneer 100% van die byna halfmiljoen mynwerkers Maandag terugkeer werk toe.

Teen Vrydag was daar 27 433 bevestigde gevalle van Covid-19 in die land as geheel. Indien die mynbedryf werklik so erg geraak word deur die virussiekte, kan Suid-Afrika se aantal positiewe gevalle gou moontlik bykans verdubbel.

Volgens Mantashe het onaangekondigde inspeksies ontbloot dat talle myne nie gereed is met hul veiligheidsmaatreëls teen die opdoen van die virus nie.

Waar sifting nog voldoende was by die meeste myne, het die toetsing van mynwerkers en die isolering van moontlike gevalle nie aan die departement van gesondheid se maatreëls voldoen nie.

“Toe ons dit uitvind, het ons daarop aangedring dat baie meer toetse gedoen moet word,” sê Mantashe.

Meer oor:  Ekonomie  |  Mynbou  |  Koronavirus  |  Mynboubedryf  |  Covid-19  |  Inkomste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.