Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amcu en myne kom ooreen oor lone
Amplats se Tumela-myn in Noordwes.Foto: Amplats

Die mynwerkersvakbond Amcu het ’n loonooreenkoms met Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Sibanye-Stillwater gesluit.

Luidens ’n verklaring sal die vakbond Woensdag die ooreenkoms amptelik teken tydens ’n geleentheid in Muldersdrift, wes van Johannesburg.

Die vakbond onderhandel sedert Junie oor lone.

In Oktober het hy ’n geskil met onder meer Amplats en Sibanye-Stillwater verklaar.

Dit is toe na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.

Die vakbond het in Junie gesê dat hy aandring op ’n basiese salaris van R17 000 per maand vir sy lede.

Dit is ’n styging van R1 500 per maand. Hy wou tóé ook hê dié verhoging moet elke jaar geld vir die tydperk van die loonooreenkoms. Die platinumbedryf kom gewoonlik ooreen oor lone vir ’n driejaartydperk.

Teen Oktober het die vakbond egter bes gegee en gesê hy is bereid om ’n maandelikse verhoging van R1 000 te aanvaar. Hy is egter nie bereid om vir enigiets minder te onderhandel nie.

Die vakbond het nog nie bekend gemaak oor presies waarop daar ooreengekom is nie.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Amplats  |  Implats  |  Amcu  |  Platinum  |  Lone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.