Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amcu: ‘Ons sal staak oor afleggings by Implats’

Die vakbond Amcu het Dinsdag gewaarsku hy sal staak as onderhandelings oor Impala Platinum (Implats) se beplande afleggings faal.

Foto ter illustrasie.

Implats het Donderdag aangekondig dat hy as deel van ’n herstruktureringsplan oor die volgende twee jaar tot 13 000 werkers by sy myne buite Rustenburg kan aflê.

“Ons gaan nie na die arbeidshof hardloop nie, ons het nie die geld nie. Ons gaan hulle looi waar dit die meeste saakmaak . . . die handskoene is af,” het Joseph Mathunjwa, president van Amcu, op ’n mediakonferensie in Sandton, Johannesburg, gesê.

Implats moet ingevolge art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge met alle belanghebbendes onderhandel voordat hy die werkers kan aflê.

“Ons sal seker maak dat nie ’n enkele ons platinum onder die grond uitkom nie. Julle weet ons is in staat om dit te doen. Dit is nie bravade nie,” sê Mathunjwa.

Amcu het in 2014 vyf maande lank weens loongeskille gestaak.

Die departement van minerale bronne het reeds Donderdag, op dieselfde dag van Implats se aankondiging gesê dit is ’n “ondubbelsinnige voorbeeld van ’n roekelose maatskappy wat sonder om te dink vasbeslote is om ’n voorafbepaalde uitkoms na te jaag, ongeag hoe onwerkbaar dit moontlik is”.

Die departement sê hy en Implats was nog aan die begin van onderhandelings waarin hy die maatskappy aangemoedig het om ander opsies te oorweeg sodat werkers nie afgelê word nie.

“Die departement was van plan om die proses saam met die maatskappy te volg, en toe span Implats die wa voor die perde in en kondig aan dat hy die werkers gaan aflê.

Implats se optrede wys hy is arrogant en stroomop in ’n tyd dat die president van die republiek ’n beroep op almal doen om skouer aan die wiel te sit om die ekonomie weer aan die gang te kry.

“Ons het deurgaans gesê net ’n sektor wat nie sy werkers as waardevolle bates beskou nie, sal so optree.

“Implats se optrede wys hy is arrogant en stroomop in ’n tyd dat die president van die republiek ’n beroep op almal doen om skouer aan die wiel te sit om die ekonomie weer aan die gang te kry,” het die departement gesê.

Implats sê egter hy het geen keuse as om met ’n enorme herstruktureringsplan te probeer red wat te redde is nie.

“Ons kan nie net stilsit en kyk hoe die myn doodgaan nie. Ons moet nóú iets doen,” het Nico Muller, uitvoerende hoof van Implats, Donderdagoggend ná ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê.

Muller het gesê hoewel hy reeds sy planne met vakbonde bespreek het, verwag hy nog heelwat onderhandelings.

“Daar is geen manier dat vakbonde en die regering opgewonde gaan wees oor die planne om te herstruktureer nie.

“Dit sal verkeerd wees om aan te neem dat daar enige ondersteuning vir die werkverliese sal wees en ons verstaan dit.

“Ons het reeds met Mathunjwa hieroor gepraat. Ons het dit ook met alle vorige soortgelyke prosesse gedoen.”

Muller het gesê gesprekke tot dusver het veral gefokus op wat Implats kan doen om werkverliese so laag moontlik te hou, asook wat gedoen gaan word om werknemers op te lei om aan hulle nuwe vaardighede te gee sodat hulle makliker ander werk kan kry.

Meer oor:  Implats  |  Impala Platinum  |  Mynbedryf  |  Afleggings  |  Loononderhandeling  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.