Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amcu se dae dalk getel
Lede van Amcu met die sesde herdenking van die slagting van werkers by die Marikana-platinummyn.

Die mynwerkersvakbond Amcu se dae is dalk getel.

Dit kom nadat Daniel Molefe, registrateur van arbeidsverhoudinge, Dinsdag ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer het waarvolgens hy dié vakbond se registrasie by die departement van arbeid wil kanselleer.

Hy sê die redes is as volg: Die vakbond het opgehou om te funksioneer ingevolge sy grondwet; en dit is nie ’n ware vakbond soos in die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf word nie.

Amcu het nou 60 dae om redes by die departement in te handig oor hoekom sy registrasie nié gekanselleer moet word nie.

Amcu het onlangs op sy neus gekyk toe hy ná vyf maande van stakings by Sibanye-Stillwater se goudmyne tóg ingestem het om die loonaanbod te aanvaar wat toe lank reeds deur ander vakbonde aanvaar is.

Dit was ondanks sy dreigement vroeër dat “oorlog sou uitbreek” indien Sibanye-Stillwater nié aan sy eise gehoor gee nie.

Ander vakbonde het voorheen ’n salarisverhoging van R650 in die eerste jaar, R700 in die tweede jaar en R825 in die derde jaar aanvaar.

Amcu wou egter salarisse tot ’n minimum van R12 500 verhoog met ’n verdere verhoging van R1 000 per jaar oor die volgende drie jaar.

Amcu het nie op navrae gereageer nie.

Die kennisgewing in die Staatskoerant waarin die departement van arbeid sê hy beplan om Amcu se registrasie as vakbond te kanselleer.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Amcu  |  Departement Van Arbeid  |  Vakbond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.