Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amcu trek kop uit oor lone in platinum-myne

Die mynwerkersvakbond Amcu het ter elfder ure besluit om nié ’n loonooreenkoms met Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Sibanye-Stillwater te onderteken nie.

Amplats se Tumela-myn in Noordwes.Foto: Reuters

Die vakbond het Woensdag in ’n verklaring gesê hy dring daarop aan dat die dokumente die “mandaat wat sy lede op verlede week se massavergaderings aan hom gegee het”, moet weerspieël.

Amcu het vroeër aangekondig dat hy wel van plan was om die loonooreenkoms Woensdag te onderteken op ’n amptelike seremonie wat in Muldersdrift, wes van Johannesburg, gehou sou word.

“Amcu het dringende tegniese vergaderings met die onderskeie mynhuise belê om die laaste uitstaande geskille uit te stryk,” lui die verklaring.

Hy sê weens die “sensitiewe aard van die onderhandelinge” gaan hy geen verdere kommentaar lewer oor presies wat die veranderinge is waarop hy aandring nie.

Die vakbond onderhandel sedert Junie oor lone. In Oktober het hy ’n geskil met onder meer Amplats en Sibanye-Stillwater verklaar. Dit is toe na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.

Die vakbond het in Junie gesê hy eis ’n basiese salaris van R17 000 per maand vir sy lede. Dit is ’n styging van R1 500 per maand. Hy wou tóé ook hê dié verhoging moet elke jaar geld vir die tydperk van die loonooreenkoms. Die platinumbedryf kom gewoonlik ooreen oor lone vir ’n driejaartydperk.

Teen Oktober het die vakbond egter bes gegee en gesê hy is bereid om ’n maandelikse verhoging van R1 000 te aanvaar.

Die vakbond sê hy sal later aankondig wanneer die loonooreenkoms onderteken sal word. Hy gee geen verdere besonderhede nie.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Amplats  |  Implats  |  Amcu  |  Loononderhandelinge  |  Platinum  |  Vakbonde  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.