Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amplats dank meer as 600 stakende werkers af

Anglo American Platinum (Amplats) het begin om stakende werkers by sy Mototolo-platinummyn af te dank.

Amplats se Tumela-platinummyn. Foto: Amplats

Dit kom nadat lede van die mynwerkersvakbond die General Industrial Workers Union of South Africa (Giwusa) op 12 Mei by dié myn begin staak het.

Amplats het Maandagoggend vroeg in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê dat dié staking onwettig is.

Giwusa het hom glo reeds op 9 Mei ingelig dat hy beplan om by die myn buite Rustenburg te staak. Die vakbond beweer dat die veranderinge wat Amplats aan lede se mediese skema gemaak het toe hy die myn in November 2018 by Glencore gekoop het mynwerkers se diensvoorwaardes verander. Hy het ’n geskil by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) geregistreer.

Amplats sê hy het net die lede se mediese skema met sy eie – Platinum Health – vervang wat soortgelyke voordele bied. Hy het op 10 Mei ’n interdik by die arbeidshof bekom wat die werkers verbied om te staak.

Lede van Giwusa het egter besluit om dit te ignoreer. Die vakbond het hom ook nie op ’n beroep deur Amplats gesteur dat werkers moet terugkeer werk toe nie.

“Die versoeke is geïgnoreer en Amplats het dus geen ander keuse nie as om 50% van die Mototolo-myn se ondergrondse arbeidsmag af te dank,” sê hy in die verklaring.

Amplats sê die staking het produksie tot dusver minimaal beïnvloed. Hy sê hy ondersoek opsies om te verseker dat die myn sy optimale produksievlakke so gou as moontlik bereik.

Fin24 berig 643 werkers is afgedank.

Meer oor:  Amplats  |  Vakbonde  |  Afdankings  |  Mynbedryf  |  Platinum  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.