Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amplats maak wins, verklaar dividend
Amplats se Mogalawena-platinummyn.Foto: Verskaf

Anglo American Platinum (Amplats) swem teen die stroom van ander sukkelende platinummyngroepe.

Amplats se wesensverdienste het in die jaar tot einde Desember met 95% teenoor die vorige jaar – van R14,82 in 2017 tot R28,93 – toegeneem.

Hy het nou R2,9 miljard in die bank teenoor skuld van R1,8 miljard ’n jaar tevore.

Hy het ook ’n dividend van R11,25 per aandeel verklaar.

Amplats het deur die loop van 2018 verskeie van sy bates verkoop om te verseker dat hy finansieel volhoubaar bly.

Hy het in Julie gesê hy verkoop sy 33%-belang in Royal Bafokeng Platinum (RBPlat) aan RBPlat en Royal Bafokeng Resources vir R1,8 miljard.

Hy is nou die alleeneienaar van die Mototolo-myn nadat hy Glencore se 40,2%- en Kagiso se 9,8%-belang in die vennootskap gekoop het.

Amplats het op 30 Junie 2018 R0,8 miljard betaal, en sal oor die volgende ses jaar ’n maandelikse kontantbedrag aan sy voormalige vennote betaal.

Hy sê in ’n verklaring die uiteindelike koopbedrag sal waarskynlik nie altesame meer as R22 miljard beloop nie.

Produksie by die Mototolo-projek het in 2018 met 56% tot 287 799 ons platinum gestyg.

“Operasioneel en finansieel het ons ’n baie sterk jaar gehad,” het Chris Griffith, uitvoerende hoof van Amplats, Maandag in ’n verklaring gesê.

Griffith het gesê die maatskappy het ’n baie duidelike strategiese fokus vir die toekoms.

“Ons gaan fokus op bedryfsuitnemendheid; in ons portefeulje van bedrywighede belê; en die ontwikkeling van internasionale vraag na platinumgroepmetale fasiliteer,” het hy gesê.

Beleggers was duidelik die goeie prestasie te wagte en Amplats se aandeelprys het Maandag laatoggend bykans onveranderd teen R694,82 op die JSE verhandel.

.

Meer oor:  Anglo American Platinum  |  Amplats  |  Glencore  |  Mynboubedryf  |  Resultate  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.