Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amplats stel 643 afgedankte werkers weer aan

Anglo American Platinum (Amplats) het ál 643 werkers heraangestel wat hy in Mei by sy Mototolo-platinummyn afgedank het.

Amplats se Thumela-platinummyn.Foto: Verskaf

Die werkers was lede van die mynwerkersvakbond die General Industrial Workers Union of South Africa (Giwusa). Hulle het op 12 Mei onwettig by die myn begin staak.

Amplats sê vroeg Donderdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens hy en die vakbond het tot vergelyk gekom oor die kwessie van die mediese skema wat Amplats aan die werkers bied. Die staking is dus beëindig.

Die vakbond het beweer dat die veranderinge wat Amplats aan lede se mediese skema gemaak het toe hy die myn in November 2018 by Glencore gekoop het, het mynwerkers se diensvoorwaardes verander. Hy het ’n geskil by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie(KVBA) geregistreer.

Amplats sê weer hy het net die lede se mediese skema met sy eie – Platinum Health – vervang, wat soortgelyke voordele bied.

Giwusa het glo nou van plan verander, en stem nou wel saam met Amplats wat betref die mediese skema.

Amplats sê hoewel hy al die werkers heraangestel het en hulle na verwagting weer vanaf Vrydag 31 Mei by die werk sal wees, gaan hy hulle nie betaal vir die tyd wat hulle gestaak het nie.

Hy gee hulle wel die geleentheid om die geld wat hulle verloor het in die volgende vier maande in te haal deur ekstra skofte te werk en om te help verseker dat verlore produksie wel teruggekry word.

Meer oor:  Amplats  |  Vakbonde  |  Staking  |  Platinum  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.