Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amsa hoop 3 smeltoonde sal tekort aan staal verlig

ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se tweede smeltoond in Vanderbijlpark is weer ten volle in bedryf nadat dit vroeër as beplan aangeskakel is om die tekort aan staal te help verlig.

’n Argieffoto van ’n Amsa-werker by die destydse Saldanha-staalaanleg. Foto: Weslander

Die smeltoond sal sowat 600 000 ton staalplate per jaar produseer.

Die smeltoond sou aanvanklik eers in Januarie aangeskakel word, maar is vroeër in bedryf gestel in reaksie op die tekort aan staal in die land.

Daar is ’n wêreldwye staaltekort weens die koronavirus-inperkings.

Die maatskappy sê staalprodukte in Suid-Afrika is in verskeie fases van verwerking uit voorraad.

Al drie smeltoonde by Amsa se Newcastle- en Vanderbijlpark-aanleg is nou ten volle in werking.

“Ons verwag om nou beter in staat te wees om oor die volgende paar maande te voldoen aan die vraag na staal in die land en die buurlande,” sê Kobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa.

Die maatskappy is bedag daarop dat die tweede vlaag van die pandemie ’n nadelige uitwerking op sy produksievermoë kan hê.

Meer oor:  Amsa  |  Arcelormittal Suid-Afrika  |  Newcastle  |  Vanderbijlpark  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.