Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Amsa skakel weer sy oond in Vanderbijlpark aan
Amsa se aanleg in Vanderbijlpark, Gauteng Foto: Argief

Die staalreus ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) gaan weer sy hoogoond C in sy aanleg in Vanderbijlpark aanskakel.

Amsa sê Dinsdagoggend in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat die vraag na staal in só ’n mate herstel het dat hy besluit het om weer die oond op 21 Januarie aan die gang te kry.

Die oond, wat sedert Julie af was, sal na verwagting 600 000 ton plat staal in 2021 vervaardig.

Amsa sê met dié dat konstruksieprojekte weer op dreef is, is daar ’n groter vraag en die voorraad wat oor die algemeen laer is, regverdig sy besluit.

Hy waarsku egter dat hy waarskynlik nie al dié staal aan die plaaslike mark sal kan verkoop nie, en dat hy van die staal sal moet uitvoer.

Amsa het ook in Julie aangekondig dat hy die hoogoond in sy aanleg in Vereeniging ook eers voorlopig afskakel. Dié oond bly steeds af.

Meer oor:  Amsa  |  Mynboubedryf  |  Mynbou  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.