Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Anglo al op 95% van normale produksie

Myne is byna weer terug op hul produksievlakke van voor die Covid-19-pandemie.

anglo american
’n Mynvragmotor van Anglo American wat ’n waterstofbrandstofsel as energiebron gebruik. mark Cutifani, Anglo se hoof, sê die groep is op koers om 100% hernieubare energie te gebruik by sy bedrywighede in Chili, Peru en Brasilië.

Dít toon die jongste syfers van die mynreus Anglo American en verwante maatskappye soos Kumba Iron Ore en Anglo American Platinum (Amplats).

Anglo se produksie in sy eerste kwartaal tot einde Maart is op 95% van normale produksie, het Mark Cutifani, uitvoerende hoof, Donderdag gesê.

Dit is danksy sterk vraag ondanks beperkings wat nog uit die pandemie spruit. Daar was sterk produksiesyfers van Anglo se kopermyne in Chili, asook sy platinumgroepmetale en ystererts in Suid-Afrika.

Dit het meer as vergoed vir die sluiting van sy Minas-Rio-ysterertsmyn in Brasilië vir instandhouding, en die tydelike sluiting van sy Moranbah-myn in Australië wat metallurgiese steenkool lewer.

Soos BHP vroeër die week het Anglo wel wisselvallige prestasie in sy portefeulje, met die produksie van diamante, steenkool en nikkel wat tussen 7% en 20% laer is, terwyl die produksie van koper, platinumgroepmetale, ystererts en mangaanerts met tussen 1% en 9% beter is.

Die ysterertsgroep Kumba se totale produksie was in die eerste kwartaal 10% beter op 10,6 miljoen ton, sê Themba Mkhwanazi, uitvoerende hoof.

Kumba het ’n goeie uitvoerprys van $180 per ton vir sy ystererts behaal, teenoor die gemiddelde maatstafprys van $150.

Hy verwag die totale ysterertsverkope vir die boekjaar kan tussen 40,5 miljoen ton en 41,5 miljoen ton wees.

Natascha Viljoen, uitvoerende hoof van Anglo American Platinum.

Amplats se totale produksie het met 7% gegroei, sê Natascha Viljoen, uitvoerende hoof.

Dit was grootliks danksy sterk groei van 17% by sy Mogalakwena-myn, te midde die tweede vlaag van koronavirus-infeksies wat die hervat van produksie by Amandelbult en Mototolo vertraag het.

Die Mogalakwena-myn by Mokopane in Limpopo is die grootste oopgroef-platinummyn in die wêreld.

Amandelbult is by Rustenburg in Noordwes en Mototolo is by Burgersfort in Limpopo.

Amplats se verwerkingsaanlegte het fluks met 59% herstel vergeleke met die eerste kwartaal van 2020, volgens Viljoen.

Aanvanklik het die mynmaatskappye se aandeelpryse op die JSE Donderdagoggend positief presteer in reaksie op die jongste produksiesyfers, maar later die oggend het sowel Anglo, Kumba en Amplats se aandeelpryse weer effe teruggesak.

Meer oor:  Anglo American  |  Kumba  |  Anglo Platinum  |  Steenkool  |  Platinum  |  Ystererts  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.