Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Anglo moet nou dieper grou vir goeie diamante

Transnet se probleme om ystererts op die spoorlyn tussen Sishen en Saldanha te vervoer, het ’n aanslaan-uitwerking op Anglo American se filiaal Kumba Iron Ore gehad.

Die eerste ystererts van Anglo American se Minas-Rio-myn word in 2014 op 'n skip gelaai. Produksie by die myn is in Maart vanjaar gestaak weens lekkasies in pypleidings. Foto: Anglo American

Dit het Kumba se ysterertsproduksie in die derde kwartaal, tot einde September, met 9% tot 10,5 miljoen ton erts laat val omdat voorraad in die vorige ses maande opgehoop het.

Dit het gebeur weens wat Transnet ’n “paar buitengewone veiligheidsvoorvalle” genoem het – ’n aantal ontsporings op dié spoorlyn. Daar was ook ontwrigting weens gure weerstoestande in die Saldanha-hawe.

Nog ’n vlieg in Anglo se produksiesalf was die daling van 5% tot 8,7 miljoen karaat in die produksie van diamante by sy filiaal De Beers. Die redes daarvoor is:

  • Die Jwaneng-myn in Botswana het diamante van ’n laer graad opgelewer; en
  • Die Venetia-myn, die grootste diamantmyn in Suid-Afrika, is tydelik gesluit vir ’n opgradering voor die oorgang van dié oopgroefmyn na ondergrondse bedrywighede. Nagenoeg 40% van Suid-Afrika se diamante word by Venetia in Limpopo gemyn.

Ondanks dié negatiewe faktore het Anglo American se totale produksie met 1% gestyg vergeleke met die derde kwartaal van 2017 indien Minas Rio uitgesluit word.

Anglo het produksie by sy enorme Minas Rio-kopermyn in Brasilië in Maart opgeskort weens twee pypleidings wat lek, ’n opskorting wat die mynreus vanjaar tot $400 miljoen aan inkomste kan kos. Produksie by Minas Rio gaan na verwagting eersdaags hervat word.

Mark Cutifani, uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring hulle bly fokus op doeltreffendheid en produktiwiteit. Die produksie per werknemer is 5% hoër as ’n jaar gelede.

Die beste syfer is die 17%-styging tot 171 800 ton in koperproduksie.

Anglo se platinumfiliaal, Anglo American Platinum (Amplats), het produksie van platinum met 4% tot 649 000 fynons verhoog en van palladium met 1% tot 411 000 fynons. Dit word veral toegeskryf aan beter prestasie by die Amandelbult-myn in Limpopo.

Produksie van metallurgiese steenkool het met 3% tot 5,4 miljoen ton gedaal, wat Anglo toeskryf aan die tydsberekening van langafstandvervoer. Metallurgiese steenkool word verwerk tot kooks, ’n brandstof wat in staalproduksie gebruik word.

Die produksie van termiese steenkool vir uitvoer het met 13% tot 7,7 miljoen ton gestyg. Dit verteenwoordig uitvoer vanuit Suid-Afrika en Colombië. Termiese steenkool word vir die opwekking van krag gebruik.

Die produksie van nikkel het met 3% tot 11 500 ton gestyg en van mangaanerts met 6% tot 888 000 ton.

Meer oor:  Anglo American  |  Amplats  |  Kumba Iron Ore  |  De Beers  |  Mark Cutifani  |  Mynbou  |  Diamante  |  Ystererts  |  Steenkool  |  Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.