Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Anglo ontbondel laaste SA steenkoolmyne

Die mynreus Anglo American gaan sy oorblywende Suid-Afrikaanse steenkoolbedrywighede ontbondel.

Anglo American
Mark Cutifani, uitvoerende hoof van Anglo American.

Anglo-aandeelhouers gaan een aandeel in ’n nuwe genoteerde steenkoolmaatskappy genaamd Thungela ontvang vir elke tien Anglo-aandele wat hulle besit.

Hulle sal hul bestaande Anglo-aandele behou.

Die besluit moet wel nog op ’n vergadering op 5 Mei deur aandeelhouers goedgekeur word.

Anglo soek al vir ’n aantal jare na ’n verantwoordelike manier om weg te skuif van sy termiese-steenkoolbedrywighede, sê Mark Cutifani, uitvoerende hoof, in ’n Sens-verklaring. Termiese steenkool verwys na die steenkool wat by kragstasies verbrand word om elektrisiteit mee op te wek.

Anglo het tot onlangs die meeste van sy termiese steenkool aan Eskom verkoop, maar dié myne is in 2018 aan die swartbeheerde mynmaatskappy Seriti verkoop.

Wat oorgebly het, is myne in Mpumalanga wat steenkool vir die uitvoermark lewer. Dié myne lewer sowat 19 miljoen ton steenkool per jaar aan markte in Europa en Asië, volgens Anglo se webblad.

Sowat 10 miljoen ton termiese steenkool word wel steeds ook in die binnelandse mark verkoop.

July Ndlovu, uitvoerende hoof van Anglo se Suid-Afrikaanse steenkoolsake wat hoof van Thungela sal word, sê die nuwe maatskappy sal ’n produsent van hoëgehalte-uitvoersteenkool wees wat sal voordeel trek uit die verbeterde marktoestande.

Thungela sal 90% van die steenkoolbates besit, met ’n werknemertrust en ’n gemeenskapstrust wat elk 5% sal besit.

Dit blyk ’n groot rede vir die ontbondeling is die sterk sienings onder van Anglo se aandeelhouers om nie meer enige geld te wil belê in steenkool as kragopwekkingsbron wat as ’n verouderde, besoedelende en klimaatsbedreigende kragbron beskou word nie.

k

Maatskappye met steenkoolbates en die banke wat aan hulle geld leen, kom toenemend onder skoot van omgewingsbewuste beleggingsgroepe wie se kliënte aandring op klimaatverantwoordelike en omgewingsvriendelike beleggings.

Die ontbondeling van Thungela bied volgens Anglo egter ook geleentheid vir Thungela om nuwe aandeelhouers en nuwe bronne van kapitaal te lok as ’n onafhanklike maatskappy. Anglo sal R2,5 miljard aan Thungela gee om hom as ’n volhoubare alleenstaande onderneming te vestig en is tot einde 2022 daartoe verbind om verdere kapitaalsteun te gee ingeval steenkoolpryse in rand onder ’n sekere vlak val, sê die groep.

Anglo sal Thungela ook nog vir drie jaar help met die verkoop en bemarking van steenkool, en daarna nog vir ’n oorgangstydperk van ses maande.

Anglo verwag dat die ontbondeling teen 4 Junie afgehandel sal wees, met Thungela se aandele wat op 7 Junie op die JSE en die Londense aandelebeurs genoteer sal word, mits al die nodige goedkeurings verkry word.

Anglo se aandeelprys was Donderdagoggend op die JSE meer as 2% sterker op sowat R613.

Meer oor:  Anglo American  |  Thungela  |  July Ndlovu  |  Steenkool  |  Ontbondeling  |  Kragopwekking  |  Termiese Steenkool  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.