Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
AngloGold kry groen lig om laaste SA bates te verkoop
Die Mponeng-goudmyn wat nou aan Harmony Gold behoort. Foto: Argief

AngloGold Ashanti sal teen 1 Oktober nie meer myne in Suid-Afrika besit nie.

Dit kom nadat die maatskappy die finale goedkeuring gekry het om al sy oorblywende Suid-Afrikaanse bedrywighede aan Harmony Gold Mining te verkoop.

AngloGold het reeds in Februarie aangekondig dat hy die bates, waarvan die Mponeng-myn en Mine Waste Solutions deel is, aan Harmony gaan verkoop.

Die koopsom van nagenoeg $300 miljoen (nagenoeg R4,4 miljard toe die transaksie beklink is) gaan in kontant en uitgestelde betalings, onderhewig aan die prestasie van die ondernemings, betaal word.

AngloGold het Maandag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê dat hy nou die onvoorwaardelike goedkeuring vir die transaksie van die departement van minerale bronne ontvang het. Dié sal nou die mynreg vir die West Wits-bedrywighede (soos wat die bates bekend staan) aan Harmony oordra.

Hierdie goedkeuring maak dit moontlik om die transaksie soos beplan teen 30 September af te handel.

AngloGold sal daarna op sy bedrywighede in Ghana en Colombië fokus.

AngloGold se aandele het Maandag bykans onveranderd teen R485,67 op die JSE verhandel. Harmony se aandele het net meer as 2% laer teen R101,05 verhandel.

Mining Weekly het voorheen berig dat hoewel AngloGold geen bedrywighede meer in die land het nie, hy en die departement ooreengekom het dat hy nie van die JSE sal denoteer nie. Dit was glo een van die voorwaardes om die transaksie met Harmony goed te keur.

Nog ’n voorwaarde was dat AngloGold sy hoofkantoor in Suid-Afrika hou.

Meer oor:  Harmony  |  Anglogold Ashanti  |  Goudmyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.