Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
AngloGold nou amptelik uit SA

AngloGold Ashanti het amptelik sy laaste Suid-Afrikaanse myne aan Harmony Gold oorhandig.

Die Mponeng-goudmyn wat AngloGold Ashanti aan Harmony verkoop het. Foto: Argief

Die transaksie van $300 miljoen is al geruime tyd in wording sedert die aanvanklike aankondiging hieroor in Februarie gemaak is.

Woensdag is die bedrag van $200 miljoen in kontant om die transaksie van stapel te stuur, oorbetaal en is die finale oorhandiging afgehandel.

Die departement van minerale bronne en energie het vroeër vandeesmaand die laaste nodige goedkeuring gegee sodat die transaksie afgehandel kan word.

Die mynreg vir die West Wits-bedrywighede (soos wat die bates bekend staan) is nou aan Harmony oorgedra.

Die geld wat AngloGold ingevorder het vir bates soos die Mponeng-myn wat nou aan Harmony behoort, sal gebruik word om sy enorme skuldlas te verklein, het die maatskappy Woensdag gesê in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens.

AngloGold gaan nou fokus op sy oorblywende bedrywighede in Colombia en Ghana.

Hoewel AngloGold geen bedrywighede meer in die land het nie, het hy en die departement ooreengekom dat hy nie van die JSE sal denoteer nie.

Dit was glo een van die voorwaardes om die transaksie met Harmony goed te keur.

Nog ’n voorwaarde was dat AngloGold sy hoofkantoor in Suid-Afrika hou.

AngloGold se aandeelprys het Woensdagmiddag met 2,72% tot R433,10 gedaal nadat die nuus van die oorhandiging bekend geword het.

Harmony s’n het egter met 3,19% tot R89,14 getuimel.

Meer oor:  Anglogold Ashanti  |  Harmony Gold  |  Verkope  |  Goud  |  Mynbou  |  Myne  |  Goudmyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.