Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Aurora: Hof moet besluit of saak uitgesaai word

Landdros Nkhensani Moila sal Woensdag in die streekhof in Springs beslis of die hofsaak teen die direkteure van die Aurora-mynmaatskappy uitgesaai mag word.

Khulubuse Zuma, voormalige voorsitter van Aurora, in 2012 voor die departement van justisie in Pretoria tydens Aurora Empowerment Systems se likwidasie. Foto: Getty Images

Die vervolging van Khulubuse Zuma, neef van oudpres. Jacob Zuma, en drie ander direkteure van Aurora is op 15 Julie vir ’n tweede keer uitgestel toe die TV-nuusdiens eNCA met die ondersteuning van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) aansoek gedoen het om die verrigtinge uit te saai.

Lot Mgiba, staatsaanklaer, het gesê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal nie die aansoek teenstaan nie.

Die regspan vir die direkteure van Aurora staan dit teen.

Adv. Pranav Jaggan, regsverteenwoordiger vir die vier direkteure, naamlik Zuma, Zondwa Mandela, Thulani Ngubane en die steeds vermiste Raja Shah, het sedert 15 Julie kans gehad om skriftelike argumente teen eNCA se aansoek in te dien.

Die direkteure staan tereg op vyf aanklagte wat verband hou met omgewings- en waterbestuursoortredings by die Grootvlei-myn naby Springs.

Die beweerde wanbestuur en plundery van onder meer die Grootvlei-myn onder Aurora se bestuur het daartoe gelei dat suurmynwater in die Blesbokspruit uitgeloop het.

Dié spruit is gekoppel aan waterbronne wat na die Vaalrivier lei en dit besoedel het.

Volgens Outa is die publiek geregtig daarop om die verrigtinge te sien, des te meer omdat dit in openbare belang is.

Outa het vir meer as twee jaar by die NVG gepleit om die saak teen Aurora aan te pak.

Die maksimum straf vir die oortreding van die Waterwet waarvan die direkteure beskuldig word, is ’n boete of tronkstraf van tot vyf jaar, of albei.

Die polisie kon nog nie die lasbrief vir Shah se inhegtenisneming op hom beteken nie. Outa verneem dat hy in Maleisië wegkruip.

Meer oor:  Nasionale Vervolgingsgesag  |  Nvg  |  Outa  |  Aurora  |  Zondwa Mandela  |  Khulubuse Zuma  |  Springs  |  Hofsaak  |  Hofgeding  |  Myn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.