Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Aurora-hofsaak begin uiteindelik

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) begin Dinsdag uiteindelik met die vervolging van die direkteure van die mynmaatskappy Aurora weens omgewingsoortredings by die Grootvlei-myn naby Springs.

Khulubuse Zuma. Foto: Argief

Die vervolging van Khulubuse Zuma, neef van oudpres. Jacob Zuma, en drie ander direkteure van Aurora is op 7 Augustus vir ’n derde keer uitgestel toe die TV-nuusdiens eNCA met die ondersteuning van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) in hul aansoek om die verrigtinge uit te saai geslaag het.

Landdros Nkhensani Moila het beslis dat dit in die openbare belang is dat die kontroversiële hofverrigtinge uitgesaai word.

Die direkteure, naamlik Zuma, Zondwa Mandela, ’n kleinseun van oudpres. Nelson Mandela, Thulani Ngubane en die vermeende vermiste Raja Shah, staan tereg op vyf aanklagte wat verband hou met omgewings- en waterbestuursoortredings by die Grootvlei-myn naby Springs.

Die beweerde wanbestuur en plundery van onder meer die Grootvlei-myn onder Aurora se bestuur het daartoe gelei dat suurmynwater in die Blesbokspruit ingeloop het.

Dié spruit is gekoppel aan waterbronne wat na die Vaalrivier lei en dit besoedel het.

Meer oor:  Aurora  |  Khulubuse Zuma  |  Hofsaak  |  Omgewingsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.