Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Aurora-hofsaak: Moontlike uitstel na nét Zuma opdaag

Khulubuse Zuma, voormalige direkteur van Aurora Empowerment Systems, is die enigste van vier direkteure wat Dinsdag in die streekhof in Springs vir hul verhoor opgedaag het.

aurora
Khulubuse Zuma (middel) en Thulani Ngubani (regs), twee van die vier beskuldigde direkteure van Aurora Empowerment Systems toe hulle in Mei saam in die streekshof in Springs verskyn het. Foto: William Horne

Landdros Nkhensani Moila het verrigtinge vir eers gestaak om kans te gee dat Zondwa Mandela en Thulani Ngubane dalk nog by die hof opdaag.

Die vierde direkteur, Raja Alam Shah, het nog vir geen van die vorige hofverrigtinge opgedaag nie en bly vermis. Na bewering kruip hy oorsee weg en die polisie het in Mei gesê daar is ’n lasbrief vir hom uitgereik. Dié lasbrief kon egter nog nie op hom beteken word nie.

Die hofsaak sou egter sonder Shah kon voortgaan.

Stefanie Fick, regshoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), het aan Netwerk24 bevestig dat die afwesigheid van die ander twee direkteure nou moontlik tot die vierde uitstel van die hofsaak kan lei.

Outa het vir meer as twee jaar by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gepleit om die saak teen Aurora aan te pak.

In Maart is Outa ingelig dat die NVG-dagvaardings op die betrokke direkteure toe wel beteken is. Die klagte hou met omgewings- en wateroortredings verband.

Die wanbestuur en plundery van die Grootvlei-myn, wat Aurora besit het, het meegebring dat 5 300 werkers hul werk kwyt is.

In die proses van die plundery is noodsaaklike pompe verwyder wat suur mynwater moes uitpomp. Met die pompe wat weg is, het die mynwater in die Blesbokspruit geloop. Dié spruit loop weer uit in die Vaalrivier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.