Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Baie skaars tanzaniet by V&A te sien
Die tanzaniet wat op die uitstalling by die V&A Waterfront in Kaapstad gesien kan word.

’n Seldsame viooltjieblou tanzaniet van 4 000 karaat word tans by die V&A Waterfront in Kaapstad uitgestal.

Dié edelstene, wat ’n duisend keer skaarser as diamante is, word slegs in ’n smal strook aan die hange van Kilimandjaro in Tanzanië ontgin. Dié edelstene is in 1967 ontdek, presies ’n honderd jaar nadat diamante in Suid-Afrika ontdek is.

Volgens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse diamanthandelaar Shimansky, wat die tanzaniet as deel van sy Shimansky Diamond Experience by die kloktoring van die V&A Waterfront uitstal, sal daar in die volgende dekade nie meer juweelgehalte tanzaniet gevind word nie.

’n Groot deel van die steen se aantrekkingskrag is in sy kleurvariasie wat van koningsblou tot viooltjiepers en selfs rooi wissel. Tanzaniet se prys is egter veel laer as diamante.

Yair Shimansky, stigter van die juweliersgroep, sê die steen wat op die uitstalling gesien kan word, is ’n eiesoortige voorbeeld van dié skaars edelstene.

“Tanzaniet is eie aan Afrika en ons het hierdie steen in sy natuurlike toestand bewaar as ’n huldeblyk aan die geboorteplek van die mensdom.”

Besoekers wat graag die steen van naderby wil bekyk, moet hier ’n afspraak maak.


Meer oor:  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.