Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Besnoeiing by South Deep teen Oktober klaar

Die jongste ronde afleggings by die sukkelende South Deep-goudmyn, wes van Johannesburg, sal veral die ingenieurs- en mynbou-afdeling raak, sê Gold Fields, eienaar van die myn.

Die South Deep-goudmyn naby Randfontein in Gauteng.

Die maatskappy het die afgelope week gesê tot 1 100 permanente werkers en 460 kontrakteurs uit ’n arbeidsmag van 5 500 kan geraak word deur sy poging om verliese te beperk.

Gold Fields sê in ’n herstruktureringskennisgewing South Deep het verskeie kostebesparings- en doeltreffendheidsmaatreëls ingestel wat ’n geraamde besparing van R324 miljoen per jaar meegebring het voordat daar die afgelope week besluit is om nog poste te besnoei.

South Deep het in die 2016-boekjaar verliese van meer as R109 miljoen per maand gely.

“Die verliese duur voort ondanks verskeie planne en ooreenkomste met vakbonde om die myn weer op ’n winsgewende voet te plaas,” het Martin Preece, hoof van Gold Fields se plaaslike bedrywighede, en Benford Mokoatle, South Deep-mynbestuurder, gesê.

Gevolglik het die direksie in beginsel besluit om South Deep se kostebasis te verlaag in die pas met huidige produksie.

Sven Lunsche, Gold Fields-woordvoerder, sê hulle onderhandel met kontrakteurs oor hoeveel poste en watter maatskappye geraak word. Die plan is om nie volle kontrakte te kanselleer nie, maar om dit in te kort.

South Deep wil die interne konsultasieproses teen 14 Oktober afhandel. Die voorgestelde skeidingspakket is twee weke se basiese loon vir elke diensjaar, met ’n minimum skeidingspakket van nie minder nie as R20 000, asook kennisgewingsbetaling en vir uitstaande verlof.

Meer oor:  Gold Fields  |  Gwede Mantashe  |  South Deep  |  Goudmyne  |  Goud  |  Herstrukturering  |  Afleggings  |  Goudmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.