Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
BHP myn nou meer ystererts en nikkel

Die mynreus BHP het in die afgelope nege maande tot einde Maart minder van alles geproduseer, behalwe ystererts en nikkel.

Mike Henry, uitvoerende hoof van die mynreus BHP.

BHP, wat met sy sekondêre notering op die JSE saam met Anglo American en Richemont sowat 30% van die JSE se indeks van alle aandele uitmaak, het in die nege maande rekord-produksiesyfers by sy ysterertsmyne in Wes-Australië behaal. Daar was ook rekordproduksie by sy myn vir metallurgiese steenkool in Queensland.

Sy koperproduksie was wisselvallig, met ’n gemiddelde daling van 6%. Steenkool vir kragopwekking het skerp geval met 26%, maar ysterertsproduksie het met 4% gegroei en nikkelproduksie met 19%.

BHP se olie- en gasproduksie was 8% laer in die nege maande.

Die groep vorder wel met die meeste van sy groot projekte, met nuwe koper-, petroleum- en ysterertsproduksie wat aan die gang kom, het Mike Henry, uitvoerende hoof, Woensdag in ’n handelsopdatering gesê.

BHP is een van die min maatskappye op die JSE wat die afgelope jaar steeds ’n dividend verklaar het, hoewel dit laer was as die vorige jaar weens die impak van die Covid-19-inperkings op sy bedrywighede.

Henry spog dat BHP ook vorder met sy proses om minder koolstof-intensief te word in pas met die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering. Vennootskappe is met drie groot staalfabrieke in China en Japan aangegaan om kweekhuisgasse te verminder. Dié drie fabrieke verteenwoordig saam sowat 10% van die wêreld se staalproduksie.

BHP eksperimenteer met skeepsbrandstof wat van biomateriaal gemaak word, nadat hy reeds verlede jaar ’n tender toegeken het aan ’n skeepseienaar wat BHP se ystererts met skepe sal vervoer wat met vloeibare aardgas aangedryf word pleks van tradisionele skeepsbrandstof.

BHP het ook groot kragkontrakte gesluit met onafhanklike produsente van hernubare energie om krag te lewer aan van sy mynbedrywighede, soos sy Kwinana-nikkelraffineerdery in Wes-Australië, sy steenkoolmyne in Queensland, Australië, en sy Escondida-kopermyn in Chili in Suid-Amerika.

BHP se aandeelprys op die JSE het Woensdagoggend met 3% tot bo R446 gestyg. In sy halfjaar tot einde Desember het sy verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywings met 21% tot $14,7 miljard (R210,6 miljard) gestyg.

Meer oor:  Bhp  |  Ystererts  |  Mynbou  |  Bas  |  Olie  |  Nikkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.