Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Botswana leen $600 m. aan Zimbabwe

Botswana het aangebied om vir Zimbabwe $600 miljoen te leen om sy diamantbedryf ’n hupstoot te gee en plaaslike maatskappye te ondersteun.

James Manzou, Zimbabwe se minister van buitelandse sake, sê pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe en pres. Mokgweetsi Masisi van Botswana sal die ooreenkoms na verwagting Donderdag in Harare onderteken.

$500 miljoen van die lening is vir Zimbabwe se diamantbedryf, terwyl $100 miljoen vir private maatskappye beskikbaar gestel word wat gebuk gaan onder die tekort aan dollars in Zimbabwe.

Dié lening kom nadat Suid-Afrika verlede maand gesê het dat hulle nie vir Zimbabwe $1,2 miljard gaan leen nie.

Manzou sê Zimbabwe is dankbaar vir die $500 miljoen wat sy diamantbedryf ’n finansiële inspuiting sal gee. – Reuters

Meer oor:  Botswana  |  Zimbabwe  |  Lening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.