Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Botswana ontdek sy grootste blou diamant nóg

Die grootste blou diamant wat nóg in Botswana ontdek is, is Woensdag in Gaborone bekend gestel.

Die ruwe steen waaruit die Okavango Blue gesny en gepoleer is.

Die ovaalvormige blou diamant van meer as 20 karaat is deur die Okavango Diamond Company (ODC) bekend gestel, en is deur die Gemological Institute of America gegradeer met ’n helderheid van VVS2. Vir die kundiges in diamantkringe wat dié klassifisering ken, beteken dit dat dit een van die hoogste kleurhelderheid-klassifikasies is wat deur enige blou diamant behaal kan word.

Teen 20,46 karaat is ook dit die grootste blou diamant nóg wat in Botswana ontdek is.

Die diamant kom van die Orapa-myn wat deur Debswana bedryf word en was deel van ’n ruwe steen van 41,11 karaat.

“Van die eerste keer dat ons die diamant gesien het, was dit duidelik dat ons iets baie besonders beet het. Almal wat al die diamant gesien het, is gaande oor die unieke kleur wat anders is as enige ander blou diamant wat hulle al gesien het,” sê Marcus ter Haar, besturende direkteur van ODC.

Die Okavango Blue, die grootste blou diamant wat nóg in Botswana ontdek is.

ODC het toegang tot 15% van Debswana se produksie en voel uiters gelukkig om betrokke te wees by hierdie unieke vonds, sê Ter Haar.

Diamantmynbou verskaf sowat die helfte van staatsinkomste in Botswana, en die bedryf dra by tot die ekonomiese ontwikkeling van die land deur werkskepping, en die finansiering van skole, hospitale en ander kritieke infrastruktuur.

Die gepoleerde diamant word die Okavango Blue genoem en sal oor die komende maande rondgewys word om Botswana as ’n leidende internasionale diamantprodusent te bemark voordat dit na verwagting teen einde vanjaar verkoop sal word.

ODC is ’n bemarkingsmaatskappy wat ten volle deur die Botswana-regering besit word.

Hieronder is ’n bemarkingsvideo oor die diamant.

Meer oor:  Botswana  |  Diamante  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.